Gras­kop

Beeld - - LEEFSTYL - Vind meer uit by: gras­kop.co.za gras­kop­ho­tel.co.za

■ Min­der as 50 mi­nu­te se ry van­af die wild­tuin Gras­kop is ’n pan­ne­koek­dorp. O­ral eet men­se pan­ne­koek. Mik vir die min­der be­ken­de kof­fie­plek­kies vir dun­ner pan­ne­koe­ke.

As pan­ne­koek te koe­ke­rig vir jou klink, en jy ’n voor­lief­de vir trei­ne, sta­sies en ta­toes het – gaan drink ’n koue een by The Lo­co Pub and G­rill in die ou sta­sie­ge­bou, kom­pleet met naam­bor­de wat lui “Suid­A­fri­kaan­se Ver­voer­diens­te” en “Kaart­jies vir Eer­ste en Twee­de Klas”.

By die Dig­gers Hut­fo­to­a­tel­jee kan jy op­dress en jou­self in u­ni­form, met ’n vol­struis­veer­hoed, kor­set of kruis­ban­de, of met ’n jag­ge­weer oor die skou­er ge­dra­peer, laat af­neem.

Die Gras­kop­ho­tel het kuns­ en tuin­ka­mers.

As jy nie hier oor­bly nie, hoe­wel dit sterk aan­be­veel word, vra die vrien­de­li­ke per­so­neel­le­de of jy na die kuns­ka­mers kan gaan kyk.

Die kon­tem­po­rê­re kuns sal jou a­sem weg­slaan. Dis speels, dis e­klek­ties, dis on­ge­woon.

Hier vind jy te­le­vi­sie­stel­le van hout en ge­roes­te skroot­me­taal, daar’s boks­ra­me in die vorm van die let­ter X wat met rooi lap­roos­knop­pe ge­vul is, daar’s o­ran­je en grys tuin­slan­ge aan ha­ke teen die muur, daar’s rooi en geel dak­waai­ers, daar’s fo­to’s van kra­ne en daar’s be­drol­le wat as kop­pen­en­te in­ge­span is.

Hou die ka­mer met ’n mag­dom wit pyl­tjies met rooi stik­sels – en een bloed­rooi pyl­tjie – vir laas­te, want dit is die tref­fend­ste een.

Net soos Sa­bie is daar in die bui­te­wy­ke, noord en suid, van Gras­kop ook ver­skeie wa­ter­val­le om te be­soek.

God’s Win­dow, met ’n pa­no­ra­mie­se uit­sig op die La­e­veld, is 9 km bui­te die dorp.

Die Bour­ke’s Luck­maal­ga­te, waar die B­ly­de­ri­vier­kloof be­gin, is 35 km bui­te die dorp.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.