Kaap­se­hoop

Beeld - - LEEFSTYL - Vind meer uit by: kaap­sche­hoop.co.za/kaap­sche.htm kaap­se­hoop.com

■ ’n Uur en ’n half se ry van­af die wild­tuin

Kaap­se­hoop het sy ont­staan aan die ont­dek­king van goud in 1882 te dan­ke. Die in­wo­ners was op­ti­mis­ties oor die voor­uit­sig­te vir die val­lei.

Dees­dae is dit ’n ge­wil­de be­stem­ming on­der toe­ris­te en kuns­te­naars juis om­dat dit so prent­jie­mooi is. Dis selfs nog mooi­er as dit in mis ge­hul is – iets wat ge­reeld ge­beur.

Met die in­ry staan daar op ’n ver­wel­ko­mings­bord ge­skryf:

“Ons plek in die wol­ke, waar kin­ders, wil­de per­de en vrien­de in die na­tuur kom speel.”

Jy mag nie die per­de voer nie – daar is on­ge­veer 150 tot 180, maar nie al­mal loop in die dorp rond nie – en ver­ant­woor­de­li­ke ge­drag word te al­le tye ver­eis. An­ders lei dit tot sleg­te ge­woon­tes on­der die per­de, en dit kan tot erns­ti­ge be­se­rings lei.

Daar is ver­skeie te­o­rieë, maar nie­mand is heel­te­mal se­ker waar hier­die per­de oor­spronk­lik van­daan kom nie.

In en rond­om Kaap­se­hoop kan jy perd­ry, wa­ter­val­le gaan kyk, op ’n spook­toer gaan of som­mer net pan­ne­koek eet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.