Dull­stroom

Beeld - - LEEFSTYL - Vind meer uit by: wil­da­bout­w­his­ky.com/whis­ky­bar the­clocks­hop.co.za wal­kersons.co.za buf­fels­kloof­lod­ge.co.za dull­stroom.co.za ■ Zietsman het Wal­kersons op uit­no­di­ging be­soek. IL­SE ZIETSMAN @leef­styl24

■ Twee uur en 20 mi­nu­te se ry van­af die wild­tuin

Jy kan met die R536, R37, R540, R533 of N4 wild­tuin toe ry.

Dull­stroom het meer gas­te­hui­se as whis­kies wat jy op een aand kan drink. Dis ’n dorp waar jy móét whis­ky drink – Wild A­bout Whis­ky het die mees­te whis­kies op een plek in die Sui­de­li­ke Half­rond.

Van re­kords in die Sui­de­li­ke Half­rond ge­praat, Dull­stroom se Clock S­hop het die mees­te hor­lo­sies op een plek – ja, jy het reg ge­raai – in die Sui­de­li­ke Half­rond.

Daar is koe­koek­hor­lo­sies, pienk uil­hor­lo­sies, ki­taar­hor­lo­sies, groen ap­pel­hor­lo­sies – ag, te veel om te be­skryf.

By die Ud­der­li­ci­ous­melk­skom­melk­roeg is meer as 20 geu­re room­ys om van te kies. Be­sluit tus­sen zoo­k­oe­kie­, suur­le­moen­me­rin­gue­ of melk­tert­bruis­melk.

Die toon­bank, ys­kas en mu­re is wit met swart kol­le – dit laat jou som­mer lus voel om soos ’n koei te loei.

By Wal­kersons Ho­tel en Spa in Dull­stroom kan jy nie net (leer om) jou eie fo­rel (te) vang nie; jy kan die­self­de aand daar­aan s­mul. Hul (of jou) fo­rel word be­dien met pe­per­wor­tel­room, sny­tjies ap­pel en par­ma­ham op krui­e­blaar­tjies, be­druip met vin­kel­vi­nai­gret­te.

Bel­ling­ham Ho­mes­te­ad Sau­vig­non Blanc is ’n per­fek­te pas­maat hier­by – dié wyn blyk ver­lief op fo­rel te wees, ver­dui­de­lik die be­stuur­der, Ka­te Chris­tie.

Jy gaan nie net na Wal­kersons Ho­tel en Spa om te ont­span en fo­rel te vang nie; jy gaan ook hier­heen om kos­en­wyn­pas­maat­aan­de te be­leef en Kaap­se wy­ne te leer ken.

Wal­kersons Ho­tel en Spa lê in ’n prag­ti­ge heu­wel­ag­ti­ge val­lei net bui­te Dull­stroom.

Vroeg­og­gend as die mis lig, weer­kaats die ho­tels­ui­tes en self­sorg­kot­hui­se in die fo­reldam­me. Daar is 12 ho­tels­ui­tes en vyf self­sorg­kot­hui­se.

By Buf­fels­kloof Lod­ge in die rig­ting van Ly­den­burg (45 mi­nu­te se ry van­af Dull­stroom en min­der as twee uur se ry van­af die Kru­ger­wild­tuin) sit daar nie ui­le op klui­te nie, maar daar is ’n uil­re­li­ëf teen ’n muur, klein en groot uil­stand­beel­de, ui­le wat to­ne op ’n leer­tjie punt en ’n reus­ag­ti­ge hang­mo­biel met in­di­vi­du­e­le klein uil­tjies wat elk­een met die hand ge­maak is.

Die cha­lets en ka­mers by Buf­fels­kloof Lod­ge is keu­rig ge­meu­bi­leer en die e­tes her­in­ner aan jou ou­ma se kreu­nen­de kos­ta­fel sou sy ’n mo­der­ne kin­kel aan haar re­sep­te ge­gee het.

’n S­pook­a­sem­pienk ka­mer in die Gras­kop­ho­tel.

Die wil­de per­de van Kaap­se­hoop.

Dié ka­pel­le­tjie in Kaap­se­hoop hou streng by die eer­tyd­se myn­te­ma.

Heer­li­ke melk­skom­mels wag vir jou by Ud­der­li­ci­ous in Dull­stroom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.