Sa­bie

Beeld - - LEEFSTYL - Vind meer uit by: moun­tain­pas­ses­sout­h­a­fri­ca.co.za sa­bie.co.za

■ 50 tot 60 mi­nu­te se ry van­af die wild­tuin Ry met die Long Tom­pas langs na Sa­bie. Ruim tyd in om her­haal­de­lik langs die pad af te trek om die uit­sig­te te be­won­der.

Sa­bie kry sy naam van die Tswa­na­woord “ulu­Sa­ba”. Dit be­te­ken “ri­vier van vrees”. Lank te­rug was hier blyk­baar baie kro­ko­dil­le in die ri­vier. Dees­dae kan jy maar net uit­kyk vir die vark op pol­vye wat jou by Cof­fee Etc in­nooi en ver­lei met drink­goed en muf­fins.

Sa­bie was in 2012 K­wê­la se Dorp van die Jaar.

In die om­ge­wing van Sa­bie is ver­skeie ge­wil­de berg­fiets­roe­tes.

Sa­bie is ook be­kend vir die Groot Vyf – eint­lik is daar meer – wat in hier­die ge­val ver­wys na wa­ter­val­le.

Boek­wurms sal dit ge­niet om by Book Ca­se met sy meer as 20 000 boe­ke in te loer.

’n Mens kan nie net van lees al­leen leef nie. In Sa­bie word ma­ka­da­mi­a­neu­te spot­goed­koop op straat ver­koop.

Dis heer­lik as ’n ver­sna­pe­ring en nog lek­ker­der om daar­mee te kook of bak. Sorg dat jy ge­noeg huis toe neem, an­der­sins gaan jy ná die tyd baie spyt wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.