Ha­zy­view

Beeld - - LEEFSTYL - Vind meer uit by: ha­zy­vie­win­fo.co.za gec­ko­lod­ge.co.za pi­o­neer­s­but­cher­grill.co.za

■ 20 mi­nu­te se ry van­af die wild­tuin Ha­zy­view is i­de­aal ge­leë om as weg­spring­plek vir ’n be­soek aan die Kru­ger­wild­tuin of die Pa­no­ra­ma­roe­te in M­pu­ma­lan­ga te dien.

Die naam van die dorp is ont­leen aan die wa­sig­heid wat op so­mers­dae die dorp en om­stre­ke om­hul.

In Ha­zy­view eet jy pie­sangs, man­go’s en liet­sjies, en han­de­vol ma­ka­da­mi­a­neu­te. Sorg vir ’n gaat­jie in die mo­tor vir pad­kos of om huis toe te neem.

Op die R536, of Sa­bie­pad, is daar baie ver­blyfop­sies. Jy kan el­ke aand op ’n an­der plek slaap as jy gou ver­veeld raak.

Ons het een aand ’n een­ka­mer­woon­stel op ’n ma­ka­da­mi­ap­laas ge­huur – baie pla­se bied self­sorg­ver­blyf – en ’n vol­gen­de aand by Gecko Lod­ge oor­ge­bly.

Gecko Lod­ge is ook op ’n plaas. Daar is ’n lief­li­ke tuin en die gas­te­huis is sjiek plat­te­lands.

Pi­o­neers But­cher & G­rill in Ha­zy­view was die streek­wen­ner in die 2015­Wolf­trap­S­te­ak­hou­se­kam­pi­oen­skap, so val ge­rus hiér in vir ’n on­ver­geet­li­ke ste­ak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.