Kui­er in Fransch­hoek

Al is Fransch­hoek reeds lank be­kend as een van ons land se groot­ste wyn­toe­ris­me­trek­pleis­ters, vind ’n mens op el­ke be­soek nu­we din­ge om te doen én te proe. Hier is ’n paar i­dees vir doen­din­ge in dié dorp wan­neer jy weer ’n Kaap­se draai maak.

Beeld - - LEEFSTYL - SAMARIE S­MITH @sa­ma­ries­mith

’n Ho­tel is ’n ho­tel, en meest­al is die i­dee om net ’n vei­li­ge, net­jies en ge­rief­li­ke plek­kie te hê om jou kop neer te lê wan­neer jy daar is om die om­ge­wing te ver­ken.

Maar Au­ber­ge Da­niel­la het ka­rak­ter en is ’n mooi Vic­to­ri­aan­se huis wat in ’n vier­ster­gas­te­huis met drie self­sorg­een­he­de om­skep is. In die stil sei­soen kos dit tus­sen R1 200 en R1 500 per paar. Dit sluit ’n koue ont­byt in.

Die ka­mers is ruim en die meu­bels en stof­fe­ring luuks en e­le­gant. Dit skep die ge­voel van ’n Fran­se kot­huis. Dit is bin­ne sta­p­af­stand van die mid­de­dorp. Die tui­ne is prag­tig ver­sorg. Daar is ’n mooi stoep waar­op gas­te voor aand­e­te in een van die dorp se re­stau­ran­te kan ont­span.

S­tuur e­ni­ge na­vrae na in­fo@ au­ber­ge­da­niel­la.co.za.

’n Re­stau­rant en kel­der met gees

Die Hau­te Ca­bri­è­re is ’n in­stel­ling in Fransch­hoek, en ve­le MCC-von­kel­wyn­bot­tels het al hier hul kop­pe on­der A­chim von Ar­nim se sa­bel ver­loor. Wan­neer dit by sa­ke kom, is die Von Ar­nim-fa­mi­lie­le­de óp hul kop.

Wan­neer ’n mens deur die dorp tot voor die Hu­ge­no­te­mo­nu­ment ry, draai jy links met die pad wat tot bo na die kel­der en die mooi­ste uit­sig kron­kel.

A­chim se oud­ste seun, Ta­ku­an, lei nou ’n nu­we era hier in met groot ver­bou­ings wat on­der­weg is om nu­we le­we én lig in hier­die gran­de da­me te blaas.

Glas sal on­der meer met die be­ken­de klip­struk­tu­re ge­kom­bi­neer word om die uit­sig na bin­ne te nooi.

Dié plek se ge­skie­de­nis be­gin in 1694, toe die stuk grond aan die Fran­se Hu­ge­noot Pier­re Jour­dan toe­ge­ken is. Hy het dit na sy tuis­dorp, Ca­bri­è­re, ge­noem. Am­per 300 jaar la­ter het A­chim von Ar­nim in die 1980’s ’n deel van die plaas ge­koop. Hy het pi­not noir en char­don­nay ge­plant en dit se­dert­dien in ’n MCC-von­kel­wyn­be­stem­ming in die gees van die C­ham­pa­gne in Frank­ryk om­skep. Die MCC-von­kel­wy­ne Pier­re Jour­dan Brut en Pier­re Jour­dan Bel­le Ro­se is ge­wild, en hul­le het on­langs ook groot suk­ses met die Pier­re Jour­dan Wi­ne-ys­stok­kies (PJ Pops) be­haal.

Die sjef Nic van Wyk het by die fa­mi­lie aan­ge­sluit om aan die ku­li­nê­re kant te sorg dat die re­stau­rant weer ’n hoog­te­punt in Fransch­hoek word.

Van Wyk is ook be­kend as een van die be­oor­de­laars van kykNET se TV-pro­gram­me Ta­ku­an von Ar­nim in die Hau­te Ca­bri­è­re­kel­der, waar ook pri­va­te proeë aan­ge­bied word. Groot ver­an­de­rin­ge word hier be­plan. Proe die ver­skil­len­de bie­re in die Tuk Tuk­brou­e­ry in die hoof­straat en ge­niet van die ver­skei­den­heid ta­pas. Die ta­cos en die chur­ros is ’n moet!

Kok­ke­door en Kok­ke­door­tjie.

Met die hart­seer nuus dat sy re­stau­rant, Bis­tro 13, by S­tel­len­bosch Vi­ney­ards bui­te S­tel­len­bosch ge­sluit word, is Fransch­hoek nou ge­luk­kig om dié kos­gees ry­ker te word. Hy en die sjef We­st­ley Mul­ler sal steeds op ’n klas­sie­ke Fran­se kook­styl met Suid-A­fri­kaan­se geu­re en be­stand­de­le fo­kus.

Om kos en wyn by­me­kaar te bring word die ses­gang-proe­spys­kaart Be­derf jul­self met ’n weg­breek by Au­ber­ge Da­niel­la in Fransch­hoek se mid­de­dorp. El­ke self­sorg­een­heid is luuks in­ge­rig. aan­be­veel, maar daar is ook op­sies van twee- en drie­gang­maal­tye.

Die re­stau­rant sal op 21 Mei vir aan­bou­ings ge­sluit word, maar van 1 Sep­tem­ber sal gas­te weer ver­wel­kom word.

Soos ’n mens dit van Van Wyk kan ver­wag, is die geu­re groot en die in­ter­pre­ta­sie daar­van de­li­kaat.

Ons het met ’n lig­te en klas­sie­ke ta­ma­tie­ge­reg met ge­ma­ri­neer­de Die var­klies in Hau­te Ca­bri­è­re word voor­ge­sit met ro­me­ri­ge len­sies, ’n sous van a­gur­kies, ge­pe­kel­de rooi uie, plat­blaar­pie­ter­sie­lie en bros uie.

ba­ba­ta­ma­ties, ta­ma­tie­wa­ter, ta­ma­tie­skuim, ’n diep­ge­braai­de ba­si­lie­kruid­blaar en ge­ma­ri­neer­de buf­fel-moz­za­rel­la be­gin.

Die bou­din (’n wors van hoen­der­le­wer en hoen­der­bors) was ’n groot guns­te­ling en ’n goeie voor­beeld van hoe groot geu­re op to­ne kan dans saam met swart truf­fel, ’n hoen­der­velou­té, mie­lies en sam­pi­oe­ne. En hou ’n gaat­jie vir iets soet en ryk soos die don­ker­sjo­ko­la­de met ’n speel­se spring­mie­lie­kin­kel.

Die a­dres vir be­spre­kings is in­fo@ca­brie­re.co.za.

Sjo­ko­la­de, sjo­ko­la­de, sjo­ko­la­de

In die De Vil­liers C­ho­co­la­te Café word al­les van die rou­ste vorm af ge­maak – in so ’n ma­te dat daar ge­noeg weer­ga­wes is om dié plek­kie in He­ri­ta­ge S­qua­re in Fransch­hoek se hoof­straat ’n ge­reel­de be­stem­ming van sjo­ko­la­deen kof­fiesmul­pa­pe te maak.

Hul­le koop self die ka­kao- en die kof­fie­bo­ne wê­reld­wyd aan en ver­werk dit na­tuur­lik om die mooi­ste ku­li­nê­re skep­pings te maak.

Sjo­ko­la­de word on­der meer in­ge­span om ver­skil­len­de sjo­ko­la­de­room­ys te maak.

Be­soe­kers kan dan proe hoe die teks­tuur, geur en a­ro­mas van die room­ys as ge­volg van die her­koms van die ka­ka­o­bo­ne ver­skil. Daar is ook sjo­ko­la­de­dran­kies, -fon­due, -melk­skom­mels en -ge­sken­ke, en ver­skil­len­de kof­fies.

Al die pro­duk­te is glu­ten­vry, en geen by­mid­dels of on­na­tuur­li­ke kleur­stow­we word ge­bruik nie.

Die oor­spronk­li­ke fa­briek is op die S­pi­ce Rou­te-plaas, waar ook proeë en werk­ses­sies aan­ge­bied word.

Op ’n kui­er­tjie in Fransch­hoek be­hoort hier­die klas­sie­ke sjo­ko­la­de-kof­fie-en-room­ys-kroeg op jou moet­doen­lys te wees.

Bier­proe op sy lek­ker­ste

As jy graag in Fransch­hoek se straat­jies kui­er, is die mi­kro­brou­e­ry Tuk Tuk ’n op­win­den­de nu­we toe­voe­ging vir die aan­han­gers van bier en ta­cos.

Dit vorm deel van die Leeu Col­lecti­on, wat die In­die­se re­stau­rant Ma­ri­gold, Leeu Hou­se en Le Qu­ar­tier Français in die dorp en Leeu E­sta­tes bui­te die dorp in­sluit. Hul­le het krag­te saam­ge­span met die Ca­pe B­re­wing Com­pa­ny (CBC), wie se pro­duk­te saam met hul eie reeks bie­re aan­ge­bied word.

De­wald Goo­sen is die brou­mees­ter, en Kas­par S­chulz van Bam­berg, Duits­land, is aan­ge­stel om die ko­per­mi­kro­brou­e­ry met ’n ka­pa­si­teit van 250 li­ter in Hu­ge­no­tes­traat te bou.

Twee van die Tuk Tuk-bie­re sal saam met die sei­soe­ne ver­an­der. Op die oom­blik word ’n tra­di­si­o­ne­le la­ger, ’n don­ker la­ger, ’n weiss­bier én ’n lig­te bier aan­ge­bied. Die la­ger is my guns­te­ling, maar be­stel ’n proe­sel van al die CBC- én Tuk Tuk-bie­re om jóú guns­te­ling te vind.

As jy hon­ger is, is die vis-, bees- of hoen­der-ta­cos aan te be­veel, hoe­wel daar al­ler­lei ta­pas aan­ge­bied word, soos na­chos en soet­mie­lie­koe­kies.

Daar is ook bros of sag­te tor­til­las. As jy lus vir iets soets is, kan jy die tuis­ge­maak­te room­ys­geu­re soos bier en ko­kos­neut pro­beer. Die chur­ros (wat soos goud­bruin ge­sui­ker­de o­lie­bol­le lyk) met sjo­ko­la­de­doop­sous, is ver­sla­wend!

S­tuur e­pos na in­fo@tuk­tuk­brew.com vir nog in­lig­ting.

Fo­to’s: SAMARIE S­MITH

B­ly­plek

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.