Plant jou eie ‘vei­lig­heids­muur’

Alarms, skerp lig­te, hoë mu­re en kwaai wag­hon­de is nie die e­nig­ste ma­nier om jou werf teen skelms te be­vei­lig nie. Jy kan plan­te ook in­span en hul­le steek som­mer lek­ker seer!

Beeld - - LEEFSTYL - AN­NA CELLIERS @leef­styl24

Die in­heem­se groot­noem­noem (Ca­ris­sa ma­cro­car­pa) het al­les wat ’n mo­der­ne tui­nier van ’n plant ver­wag. Dis im­mer­groen, dig en net­jies met ’n vol­was­se groot­te van so­wat 3 m x 2 m. Die taai en leer­ag­ti­ge bla­re is glan­send en don­ker­groen, en tus­sen­in is do­rings wat ’n skelm twee keer sal laat dink voor hy oor jou grens­muur klim.

’n Ry van so­wat 1 m tot 1,5 m uit­me­kaar word ’n on­deur­dring­ba­re hei­ning.

Die ster­vor­mi­ge spier­wit blom­me het ’n heer­li­ke geur – ver­al saans. Hul­le word ge­volg deur hel­der­rooi, o­vaal­vor­mi­ge vrug­te baie ryk aan vi­ta­mien C, wat heer­lik smaak – jy kan die lek­ker­ste kon­fyt ook daar­van kook. Die plan­te groei vin­nig en snoei­werk is sel­de no­dig be­hal­we om té ro­buus­te groei te be­heer. Die groot­noem­noem kan ook as ’n al­leen­staan­de en ou­li­ke klein boom­pie vir ’n klein tuin op­ge­lei word, deur ’n en­ke­le hoof­stam te be­hou en ste­wig te stut en ge­reeld die sy­tak­ke wat te laag uit­groei, te ver­wy­der.

Vo­ëls maak graag nes in so ’n boom­pie om­dat die skerp do­rings hul vy­an­de ont­moe­dig. Dis ook ’n goeie keu­se as jy op soek is na la­e­sorg-plan­te vir groot pot­te. Hul­le blom spo­ra­dies van Sep­tem­ber tot Ja­nu­a­rie en daar­na word die vrug­te ryp.

Die na­tuur­li­ke ver­sprei­ding van hier­die plant is tus­sen kus­plan­te­groei al met die oos­kus van Suid-A­fri­ka tot in Mo­sam­biek. Dis ge­voe­lig vir ryp en koue, en moet in ge­vaar­so­nes be­skut ge­plant word. Dit hou van hit­te, hu­mi­di­teit en hoë re­ën­val, en aard ewe goed in an­der stre­ke mits die grond goed drei­neer.

K­week só

■ Plant­plek: Vol­son of lig­te ska­du.

■ Grond: lig­te, goed drei­ne­ren­de grond, ver­ryk met mil­de­li­ke vrag­te kom­pos.

■ Wa­ter: Lei ge­reeld nat. Die plan­te hou van baie wa­ter in die so­mer, maar sal ook kort pe­ri­o­des van droog­te oor­leef.

■ Be­mes­ting: Jong plan­te wat nog ves­tig, sal baat vind by ’n sta­dig­vry­stel­len­de or­ga­nie­se mis­stof in die len­te en so­mer. Vol­was­se plan­te is self­ver­sor­gend. S­trooi el­ke jaar ’n vars la­gie kom­pos om hul­le.

Plant ook die dwerg­vorm

G­reen car­pet (Ca­ris­sa ma­cro­car­pa) – ’n dwerg­noem­noem wat on­ge­veer 40 cm hoog word en 60 cm ver­sprei, is ook ’n goeie keu­se. Dit is ’n net­jie­se, dig­groei­en­de en don­ker­groen grond­be­dek­ker met geu­ri­ge wit blom­me ge­volg deur rooi eet­ba­re vrug­gies. Dis be­son­der mooi in ’n mas­sa-aan­plan­ting soos by­voor­beeld op ’n sy­paad­jie, waar­oor jy jou nooit hoef te kom­mer nie. Die kei­ap­pel se mooie vrug­te.

Nog ’n ste­kel­ri­ge

Kei­ap­pel (Do­vy­a­lis caf­fra) se goeie ei­en­skap­pe moet van na­der­by be­kyk word, want daar is baie re­des hoe­kom ’n mens dié plant wil hê: Die na­tuur­li­ke ha­bi­tat is in warm, droë ge­bie­de, oop bos­veld, bos­se­ri­ge gras­vel­de, kop­pies en op die ran­de van kus­wou­de aan die oos­te­li­ke de­le van die land, waar dit ’n baie groot boom kan word (tot 8 m).

’n Mens moet eg­ter han­de klap vir sy be­reid­wil­lig­heid en aan­pas­baar­heid om in an­der “moei­li­ke” groei­plek­ke te groei. Bui­te die na­tuur­li­ke ha­bi­tat is die plant ’n groot struik of klein boom­pie. Dis die per­fek­te keu­se vir ’n klein tuin as jy net een hoof­stam toe­laat en dit van jongs af in ’n boom­vorm snoei. ’n Vol­was­se tuin­boom se groot­te is so­wat 4 m x 3 m.

Dis nie waar die goeie nuus op­hou nie. Die kei­ap­pel is ’n ste­wi­ge buk­sie met kort sy­tak­ke en dig­ge­pak­te, vars­groen, o­vaal­bla­re wat leer­ag­tig voel – al­tyd ’n goeie aan­dui­ding dat jy met ’n ge­har­de plant te doen het. Tus­sen die bla­re kruip lang, skerp do­rings weg.

Ge­reel­de en in­gry­pen­de snoei­werk het geen sleg­te ge­volg nie – daar­om die raad om dit van jongs af in ’n boom­vorm te snoei. Dis ’n goeie keu­se as ’n ek­sem­plaar­boom of jy kan ’n paar na­by me­kaar in die vorm van ’n mi­ni­woud in ’n groot tuin plant. Dit is ook per­fek as ’n for­meel ge­knip­te vei­lig­heids­hei­ning.

Die plant be­sluit self vol­gens die kli­maat of dit im­mer­groen (warm en ge­ma­tig) of blad­wis­se­lend en ty­de­lik rus­tend wil wees (koue plek­ke). Dit is ge­hard teen ryp – be­skerm aan­vank­lik die jong plan­te. Dis wind­be­stand en wa­ter­be­spa­rend, hoe­wel jy baie vin­ni­ger groei sal sien as die plant ge­reel­de wa­ter kry. Die blom­me is klein en kom in No­vem­ber voor. Die ryp vrug­te is in laat-Fe­bru­a­rie reg vir kon­fyt­kook. Die bo­me is een­slag­tig – jy moet ’n man­ne­tjie en wy­fie hê vir ’n vrug­te-oes.

K­week­wen­ke vir die kei­ap­pel is soort­ge­lyk aan dié van die groot­noem­noem, maar die kei­ap­pel is be­slis meer droog­te­be­stand wan­neer dit goed ge­ves­tig is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.