Die Bul­le se 2018­wen­plan

Ba­rend van Graan, uit­voe­ren­de hoof van die Blou Bul­le, het vrae be­ant­woord wat Bar­nard Beuk­man, re­dak­teur van Beeld, saam­ge­stel het uit kwes­sies wat le­sers die af­ge­lo­pe tyd oor hul span op­per.

Beeld - - SPORT -

Dle?

ie Blou Bul­on­der­steu­ners is om­ge­krap. Wat is jou bood­skap aan hul­ Hul­le is met reg om­ge­krap. Ons deel hul frus­tra­sie en die spe­lers so­veel te meer. Nie vir een oom­blik is ons in­ge­steld­heid om met min­der as ’n oor­win­ning van die veld af te stap nie. Ons het die vol­gen­de uit­da­gings:

■ Dit is die mees­te van die af­rig­ters en die be­stuurs­le­de se eer­ste sei­soen teen Nieu-See­land­se span­ne.

■ Dit is die be­stuur­span se twee­de vol­waar­di­ge sei­soen aan die s­tuur van die se­ni­or span. Suk­ses op die veld neem tyd.

Die Leeus, die Suid-A­fri­kaan­se span met die bes­te peil, is ’n goeie voor­beeld van hoe dit tyd neem. In 2013 was hul­le nie deel van Su­per­rug­by nie en was vier­de in die Cur­rie­be­ker-reeks. In 2014 ein­dig hul­le 12de in Su­per­rug­by en vier­de in die Cur­rie­be­ker-reeks. In 2015 was hul­le ag­ste in Su­per­rug­by en die Cur­rie­be­ker-kam­pi­oen. Ver­le­de jaar het hul­le in die Su­per­rug­by-eind­stryd ge­speel en was vier­de in die Cur­rie­be­ker-reeks. Hul­le het dus vier sei­soe­ne ge­werk om din­ge in plek te kry – dit ge­beur nie oor­nag nie.

Die Bul­le het in 2013 die twee­de plek in Su­per­rug­by be­haal en ’n tuis­half­eind­ron­de los­ge­slaan. Ons doel­wit is steeds om die Su­per­rug­by-ti­tel in 2018 te wen. Ons werk daar­voor.

Is daar ’n plan om die Bul­le op die kort­ en me­di­um ter­myn weer ‘n krag op die veld te maak?

Ons be­sef ons ver­to­nings weg van die huis was nie goed ge­noeg van­jaar nie. Ons moes ten min­ste drie van daar­die wed­stry­de ge­wen het. Nou moet ons soos e­ni­ge an­der or­ga­ni­sa­sie ons po­si­sie her­e­va­lu­eer en van voor­af be­gin.

Die doel­wit is nou om week ná week te ver­se­ker ons be­haal oor­win­nings. So sal ons nog be­heer oor ons eie lot in van­jaar se reeks be­hou.

Ons wil ook die ta­lent­vol­ste spe­lers be­hou vir kon­ti­nu­ï­teit in die groep. Dan kan ons voort­bou op vo­ri­ge sei­soe­ne se vor­de­ring.

Ons het die Var­si­ty­be­ker-reeks in sa­me­wer­king met Tuks ver­o­wer vir die se­ni­or- en ju­ni­or-span­ne. Dit wys ons ju­ni­or-stel­sel is suk­ses­vol en le­wer die reg­te spe­lers op. Ons het se­we spe­lers in van­jaar se fi­na­le Suid-A­fri­kaan­se o.20-span.

Baie van ons jong be­lo­wen­de spe­lers wat deur die stel­sel kom, speel Su­per­rug­by. Van die span wat teen die C­hee­tahs ge­speel het, het ne­ge van die be­gin­span van o.19-vlak deur ons stel­sel ge­kom. Vier van die spe­lers wat op die bank was, ook.

As ons daar­die groep aan­vul met die reg­te se­ni­or en ta­lent­vol­le spe­lers van bui­te af, kan ons werk­lik ’n spe­si­a­le groep spe­lers saam­stel soos ons glo ons vir 2018 het.

Ons het ook groot klem ge­plaas op die ont­wik­ke­ling van swart spe­lers en in die laas­te twee na­we­ke het ons die helf­te swart spe­lers ge­kies vir die Su­perS­port-uit­daag­reeks.

Ons werk ook aan spe­lers se re­ak­sie­spoed so­dat ons die kan­se wat ons skep, be­ter kan be­nut. Ons wil wy­er speel en ook die peil van ons aan­vul­len­de spe­lers ver­vol­maak. Dit is die eer­ste sei­soen wat ons ’n meer aan­val­len­de, ba­lin-die-hand-pa­troon volg. Ons moet meer ak­ku­raat wees met ons af­ron­ding, dit is ons groot fo­kus.

Ver­der wil ons nie van die an­der sterk­pun­te af­wyk nie. Om suk­ses­vol te bly, verg ’n veel­sy­di­ge spel­pa­troon waar­in jy in el­ke fa­set van die wed­stryd uit­ste­kend is. Die bo­toon moet ook in twee of meer van die fa­set­te ge­voer kan word.

Ons het ook hard van die veld af ge­werk om ons kul­tuur te ves­tig en te ver­se­ker ons bou op die reg­te fon­da­men­te wat suk­ses op die lan­ge duur sal ver­se­ker. Ek glo die kul­tuur moet die span dryf en nie die span die kul­tuur nie. Ons het dit saam be­sluit.

Vir die lang­ter­myn moet ons ons groep spe­lers be­hou. Ons glo ons sal met uit­son­de­ring van Jan Ser­fon­tein en moont­lik een of dalk twee an­der spe­lers reg­kry om Su­per­rug­by 2018 in te gaan met die­self­de groep.

Is die be­stuur te­vre­de dat die af­rig­ting­span en spe­lers tans hul bes­te gee om weer op dreef te kom?

Ons glo ons is be­sig om die reg­te din­ge in plek te sit. Die re­sul­ta­te wys dit nie. Ons er­ken daar is af­de­lings waar­aan ons har­der moet werk en dit doen ons be­slis.

Baie rug­by, in­ge­wik­kel­de kom­pe­ti­sies, be­se­rings, spe­lers­kon­trak­te, wis­sel­koer­se, Nieu­See­land se krag. Sal Suid­A­fri­kaan­se rug­by dit al­les oor­kom?

Daar is op die oom­blik baie po­si­tie­we ver­an­de­ring in Suid-A­fri­kaan­se rug­by. Ons het be­sef die ma­nier waar­op ons din­ge in die ver­le­de ge­doen het, is nie meer goed ge­noeg nie en ver­an­de­ring is no­dig om weer me­de­din­gend te word en bly. Ons het on­ge­loof­li­ke ta­lent in Suid-A­fri­ka en ons het dit in die ver­le­de be­wys. Al die span­ne is be­sig om aan hul spel­pa­tro­ne te ver­an­der.

En die Lof­tus­fak­tor vir die oor­bly­wen­de wed­stry­de?

Die spe­lers het ’n on­ge­loof­li­ke hoe­veel­heid trots vir die trui waar­in hul­le speel as­ook vir die on­der­steu­ners op Lof­tus. Ver­al deur die moei­li­ke tye is dit die ska­re wat die spe­lers dra en dit maak ’n groot ver­skil: “Ons het jul­le no­dig. Jul­le gee ons hoop, jul­le in­spi­reer ons en jul­le gee ons die ek­stra krag en moed.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.