Cas­ter, A­ka­ni wys hak­ske­ne vir teen­stan­ders in Ka­tar

Beeld - - SPORT - Mar­nus Kok

Suid-A­fri­ka se Cas­ter Se­me­nya en A­ka­ni Sim­bi­ne was van die groot uit­blin­kers op die eer­ste Di­a­mant­li­ga-by­een­koms gis­ter­aand in Doha, Ka­tar.

Se­me­nya, die O­lim­pie­se 800 me­ter-kam­pi­oen, het trou­ens die vin­nig­ste tyd van­jaar in dié i­tem ge­hard­loop.

Hoe­wel sy bui­te be­reik van haar bes­te tyd van 1:55:28 was waar­mee sy goud op ver­le­de jaar se S­pe­le in Rio de Ja­nei­ro ver­o­wer het, is die 1:56:61 steeds ’n nu­we by­een­koms­re­kord.

Die Ke­ni­aan Mar­ga­ret Wam­bui, wat ver­le­de jaar op die S­pe­le met die brons­me­dal­je te­vre­de moes wees, was twee­de in ’n tyd van 1:57:03.

Met die eer­ste rond­te was die Pot­chef­stro­mer in ’n groep wat Wam­bui in­ge­sluit het, wat net ag­ter die pas­aan­ge­ër, Je­nif­fer Me­adows van En­ge­land, ge­bly het.

Maar oor daar­die laas­te 200 m was dit Se­me­nya, wat be­kend is vir haar vaart­ver­snel­ling om die laas­te twee draaie, wat on­der die an­der at­le­te uit­ge­seil het.

Eu­ni­ce Sum van Ke­nia was der­de in ’n tyd van 1:58:76.

Die 23-ja­ri­ge Sim­bi­ne het la­ter die 100 me­ter in ’n tyd van 9:99 (wind -1.2) ge­wen.

Dit was ge­noeg om ys­ters soos As­a­fa Po­well van Ja­mai­ka in die twee­de plek met 10:08 te dwing, met Fe­mi O­gu­no­de wat met ’n tyd van 10:13 en die der­de plek te­vre­de moes wees.

Jus­tin Gat­lin van A­me­ri­ka, wat met ’n bes­te tyd van 9:74 oor dié af­stand spog, het in die vier­de plek in 10:14 ge­ëin­dig.

In die spies­gooi het T­ho­mas R­öhler van Duits­land met ’n mon­ster­gooi van 93.90 vo­ren­dag ge­kom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.