Ma­ra­thon in min­der as 2 uur met dié skoen?

Beeld - - SPORT - Ma­ri­zan­ne Kok

Die tem­po: min of meer die helf­te van dit wat U­sain Bolt, Jus­tin Gat­lin en A­ka­ni Sim­bi­ne in ver­le­de jaar se O­lim­pie­se

100 m-eind­ron­de ge­hand­haaf het – so­wat 21 km/h.

Die tyds­duur: 119 mi­nu­te en ’n bie­tjie.

Dus 714 keer so lank as wat Bolt-hul­le ge­woon­lik op die tar­tan-baan deur­bring.

Die wy­se man­ne van Ni­ke het drie van die wê­reld se bes­te ma­ra­thonat­le­te – die O­lim­pie­se kam­pi­oen E­li­ud Kip­cho­ge, die wê­reld­kam­pi­oen in die half­ma­ra­thon, Zer­se­nay Ta­de­se, en die twee­ma­li­ge wen­ner van die Bos­ton-ma­ra­thon Le­li­sa De­si­sa – elk­een ’n paar splin­ter­nu­we skoe­ne in die hand ge­stop en hul­le om­ge­praat om van­og­gend op die Mon­za-ren­baan in I­ta­lië jag te maak op ’n eer­ste in at­le­tiek­ge­skie­de­nis: ’n ma­ra­thon wat in min­der as 2 uur vol­tooi word.

Dis ’n ge­wig­ti­ge uit­da­ging. Die wê­reld­re­kord wat in 2014 op­ge­stel is, is 2 uur, 2 mi­nu­te en 57 se­kon­des. Van Kip­cho­ge, Ta­de­se of De­si­sa word dus ver­wag om nóg drie mi­nu­te vin­ni­ger as dit te hard­loop.

As jy die som­me maak, kom dit daar­op neer dat hul­le el­ke 400 me­ter twee se­kon­des vin­ni­ger moet af­lê as toe Den­nis Ki­met­to des­tyds sy wê­reld­re­kord op­ge­stel het.

Die Ni­ke-we­ten­skap­li­kes meen die wa­pen waar­mee hul­le die drie­tal by die veld­slag in­stuur, sal die truuk doen. Die nu­we Zoom Va­porf­ly E­li­te-skoe­ne het ’n ve­sel­glas­plaat­jie in die sool wat dit vol­gens die ont­wer­pers 4% doel­tref­fen­der as Ni­ke se vo­ri­ge vin­nig­ste draw­wer­skoe­ne maak. Dit be­hoort die pad ’n bie­tjie glad­der vir die drie lang­a­sems te maak, en, vol­gens ’n Ni­ke-woord­voer­der, ge­noeg te wees om at­le­tiek se e­kwi­va­lent van die maan­lan­ding te be­werk­stel­lig.

Maar is dit so een­vou­dig? Prak­ties ge­spro­ke is dié eks­pe­ri- Die O­lim­pie­se ma­ra­thon­kam­pi­oen E­li­ud Kip­cho­ge is een van die drie mans wat van­dag ’n aan­slag op die eer­ste “sub­2­uur­ma­ra­thon” in die ge­skie­de­nis gaan maak.

– want dis maar eint­lik wat dit is – een wat we­ten­skap teen­oor fi­si­o­lo­gie plaas. Kan ’n skoen wat jou oor die teer laat seil, jou ge­noeg e­ner­gie laat spaar en jou van ge­noeg lug in jou lon­ge ver­se­ker om vir am­per 120 mi­nu­te lank teen een ’n ys­li­ke tem­po 42,2 ki­lo­me­ter af te lê?

Die Mon­za-ren­baan is ge­kies om­dat dit re­la­tief plat is en daar min draaie (wat ’n draw­wer se e­ner­gie tap) is.

Die drie­tal sal 17 en ’n half keer om die 2,4 km lan­ge baan hard­loop, met pas­aan­ge­ërs om hul­le vo­ren­toe te trek.

Die mens­li­ke lig­gaam kán doen wat die Ni­ke-ring­kop­pe van die drie ma­ra­thonat­le­te ver­lang, glo Mi­cha­el Joy­ner, ’n ken­ner in mens­li­ke pres­ta­sie by die Ma­yo-kli­niek.

Joy­ner het so ver te­rug as 1991 ge­skryf ’n “sub-2-uur-ma­ra­thon” is moont­lik, en het die af- Die tek­kies gaan van­dag brand op Mon­za, maar dit gaan nie in ’n For­mu­le Een­wed­ren wees nie.

ge­lo­pe week aan Reu­ters ge­sê hy glo dit steeds.

“Dit is fi­si­o­lo­gies ge­spro­ke moont­lik. Die (ge­hal­te van die) at­le­te wat die aan­slag daar­op maak, die skoe­ne en die baan be­hoort al­les ’n ver­skil te maak.

“Maar ’n 2,5%-ver­be­te­ring van ’n lang­af­stand­wê­reld­re­kord is baie groot, ge­meet aan die ge­ment

skie­de­nis. Die on­be­ken­de fak­tor hier is die weer.”

E­van Day, wat tans in O­re­gon werk aan sy dok­tors­graad en as ’n ken­ner in die veld van hard­loop en voet­me­ga­ni­ka be­skou word, meen die wê­reld­re­kord sal be­slis op die Mon­za-baan ver­be­ter word. “Dis net ’n kwes­sie van hoe ver,” het hy ge­sê.

Dr. Mark Burn­ley, ’n sport­we­ten­skap­li­ke by die U­ni­ver­si­teit van Kent, sê dit is reeds be­wys dat at­le­te in top­kon­di­sie ’n kri­tie­ke spoed van meer as 21 km/ h kan hand­haaf, wat be­te­ken Ni­ke droom nie ’n on­moont­li­ke droom nie.

“Maar,” het hy in ’n on­der­houd met The Gu­ar­di­an ge­waar­sku, “dit plaas e­nor­me druk op jou kool­hi­draat­re­ser­wes, en die kans dat ’n at­leet die fi­guur­li­ke muur bin­ne 42,2 ki­lo­me­ter kan tref, is groot”.

Uit­ein­de­lik gaan die siel­kun­di­ge ei­se van die uit­da­ging voor hul­le waar­skyn­lik swaar­der by die drie ge­skie­de­nis­jag­ters weeg as die fi­sie­ke ei­se. Dis die aard van sport.

Maar Matt Nur­se, die vi­se­pre­si­dent van Ni­ke Sport se na­vor­sing­sen­trum, glo dis een ding waar­oor hul­le nie be­kom­merd hoef te wees nie.

“(Ni­ke se) ge­loof is aan­steek­lik. Nie een van ons drie at­le­te dink dis on­moont­lik nie,” sê hy.

Vir Ni­ke is daar van­dag niks om te ver­loor nie. Die Zoom Va­porf­ly E­li­te-skoen sal van vol­gen­de maand af op die win­kel­rak­ke wees, en reeds het hul­le dit be­mark soos geen skoen ooit te­vo­re nie. Dit sál soos soet­koek ver­koop – wê­reld­re­kord of te not.

Dis na­tuur­lik die kern van die si­tu­a­sie: dit kan die ge­wo­ne mens nie ’n duit skeel hoe vin­nig ’n ma­ra­thon af­ge­lê word nie. Toe Ro­ger Ban­nis­ter in 1954 die eer­ste man ooit ge­word het wat die myl in min­der as vier mi­nu­te af­ge­lê het, was die af­breek van daar­die siel­kun­di­ge muur na­tuur­lik groot nuus – maar vir dié wat daar was om die skou­spel te aan­skou, was die bly­wen­de her­in­ne­ring eer­der aan die mens­li­ke dra­ma en die ro­man­se daar­van om ’n man bo hom­self te sien uit­styg.

Die Mon­za-ma­ra­thon sal plaas­vind op die 63ste her­den­king van Ban­nis­ter se groot­se dag – en in ’n proef­buis.

Die laas­te ding wat só fyn be­plan is, was straks die maan­lan­ding.

Fo­to: REU­TERS

Fo­to: GETTY IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.