PAR­NELL MAG WEER SPEEL

Beeld - - SPORT - – S­port­re­dak­sie

het goeie nuus van ’n B­rit­se kar­di­o­loog ge­kry en mag weer vir Kent speel.

Dié veel­sy­di­ge Pro­tea­s­pe­ler het Dins­dag in Kent se een­dag­wed­stryd teen So­mer­set in Taun­ton sleg be­gin voel en die veld ver­laat. Hy het net vier boul­beur­te in die kits­wed­stryd af­ge­stuur.

“Hy wou la­ter voort­speel na­dat ons me­die­se per­so­neel hom on­der­soek het, maar het dit as voor­sorg nie ge­doen nie,” het T­ho­mas Bro­wn, ’n woord­voer­der van Kent, ge­sê.

Hy (27) het eer­gis­ter ’n kar­di­o­loog ge­spreek en het toe die po­si­tie­we nuus ge­kry.

Daar was vre­se dat Par­nell, ’n lid van die Pro­te­as se een­dag­groep, se deel­na­me aan die Toer­nooi om die Kam­pi­oe­ne­tro­fee in En­ge­land in die ge­drang sou wees.

Le­ra­to Ma­le­ku­tu, die Pro­te­as se woord­voer­der, het eer­gis­ter­aand ge­sê Krie­ket Suid­A­fri­ka (KSA) se me­die­se span wag op die kar­di­o­loog se ver­slag, maar “hy het toe­stem­ming ge­kry om weer vir Kent te speel”.

Dit is nie die eer­ste keer dat Par­nell hart­pro­ble­me on­der­vind het nie.

Hy het in 2013 sy Suid­A­fri­kaan­se A­span­maats in P­re­to­ria groot laat skrik toe hy ná net twee boul­beur­te in hul wed­stryd teen In­dië se naas­bes­tes die veld ver­laat het. Hy was kort­a­sem en het on­re­ël­ma­ti­ge hart­klop­pings ge­had.

Hy was lui­dens be­rig­te

’n dag lank aan ’n hart­mo­ni­tor ge­kop­pel en het tal­le toet­se on­der­gaan in die twee dae wat hy in die hos­pi­taal deur­ge­bring het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.