B­lits­bok­ke kan nou weer op ‘S­pe­cma­gic’ steun

Beeld - - SPORT - Fran­cois de Wet

Om sy naam weer op die B­lits­bok-span­lys te sien vir hul vol­gen­de toer­nooi in se­wes­rug­by se Wê­reld­reeks, is ’n groot ver­lig­ting vir Ro­sko S­pe­cman.

S­pe­cman is een van drie ver­an­de­rin­ge aan die B­lits­bok­groep wat in Pa­rys (13 en 14 Mei) en Lon­den (20 en 21 Mei) gaan deel­neem.

Hy maak sy te­rug­keer tot die span na­dat hy weens ’n dy­spier­be­se­ring die toer­nooie in Hong­kong en Singapoer mis­ge­loop het.

De­wald Hu­man gaan in Pa­rys sy de­buut maak, ter­wyl Ry­an Oost­hui­zen in slegs sy der­de toer­nooi speel. Hy het sy de­buut in Hong­kong ge­maak.

S­pe­cman se te­rug­keer tot die span was die groot nuus toe Neil Po­well, af­rig­ter, sy groep gis­ter aan­ge­kon­dig het.

“S­joe, ek was baie te­leur­ge­steld toe ek weens ’n be­se­ring nie kon speel nie,” sê S­pe­cman.

“Dit was nie al­tyd lek­ker om in die og­gend op te staan en te kyk hoe die man­ne speel nie.

“Ek het soms ge­voel as ek daar was, kon din­ge vir ons be­ter uit­ge­werk het en dat ek in kri­tie­ke wed­stry­de die vonk kon ver­skaf.”

Daar­om is dit vir die man met die by­naam S­pe­cma­gic so ’n groot voor­reg om weer te­rug in die span te wees.

Suid-A­fri­ka is met 157 pun­te ge­rief­lik voor in die wed­loop om van­jaar se wê­reld­kroon. Fidji (132) is twee­de en En­ge­land lê der­de met 130 pun­te.

S­pe­cman waar­sku dat niks op ’n skink­bord vir die B­lits­bok­ke

Ro­sko S­pe­cman

ge­gee sal word nie, ver­al nie na­dat Ka­na­da die Singapoer-ti­tel ge­wen het nie.

“Die groot ding wat ons moet be­sef, is dat ons nog niks ge­wen het nie,” sê hy.

“Die feit dat ons so na­by aan die groot kroon is, dwaal be­slis in die ag­ter­kop rond.

“Maar soos Ka­na­da be­wys het, kan e­ni­ge span jou op e­ni­ge ge­ge­we dag klop.”

■ Die B­lits­bok­span is, met die aan­tal toer­nooie en pun­te tus­sen ha­kies: Chris Dry (60 toer­nooie, 435 pun­te), P­hi­lip Sny­man (45, 276, kap­tein), Dy­lan Sa­ge (15, 90), Ry­an Oost­hui­zen (2, 0), Wer­ner Kok (27, 320), Si­vi­we Soyi­z­wa­pi (10, 140), Bran­co du P­reez (53, 1026), Tim A­ga­ba (9, 30), De­wald Hu­man (de­buut), Ce­cil A­fri­ka (51, 1246), Ro­sko S­pe­cman (19, 248), Ru­han Nel (19, 172). San­di­le N­cgo­bo (4, 20, nie­spe­len­de re­ser­we).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.