Co­nor op koers om All Blacks te pak

Beeld - - SPORT - – Reu­ters

Die B­rit­se en Ier­se Leeus se af­rig­ters én on­der­steu­ners sal ’n sug van ver­lig­ting slaak oor die nuus dat die Ier­se skrum­ska­kel Co­nor Mur­ray fiks be­hoort te wees vir dié rug­by­span se toer na Nieu­See­land.

Mur­ray (28) het van­dees­week weer vol­uit saam met Mun­ster, sy pro­vin­si­a­le span, be­gin oe­fen.

Dié Ier, wat as een van die voor­ste skrum­ska­kels ter wê­reld be­skou word, het ty­dens ’n Se­s­na­sies­toets teen Wal­lis in Maart van­jaar ’n erns­ti­ge skou­er­be­se­ring op­ge­doen. Daar is aan­vank­lik ge­vrees dat dié be­se­ring moont­lik sy loop­baan kan kort­knip.

“Ná har­de werk saam met fi­si­o­te­ra­peu­te het my krag el­ke week ver­be­ter,” het hy gis­ter ge­sê.

Mur­ray is saam met R­hys Webb van Wal­lis en Ben Youngs van En­ge­land die skrum­ska­kels in die B­rit­se en Ier­se Leeus se groep.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.