In­die­se raad be­veel om span te kies

Beeld - - SPORT - – Reu­ters

In­dië se kans om aan die toer­nooi om die Kam­pi­oe­ne­tro­fee deel te neem, het aan­sien­lik ver­be­ter na­dat ’n ad­mi­nis­tra­teur­spa­neel, wat deur die hof aan­ge­stel is, In­dië se krie­ket­raad (BCCI) ge­vra het om ’n span vir die toer­nooi te kies.

Die toer­nooi word van 1 tot 18 Ju­nie in En­ge­land en Wal­lis aan­ge­bied.

In­dië, wat die ver­de­di­gen­de kam­pi­oen is, het nog nie ’n groep vir die toer­nooi in­ge­dien nie. Dié stap spruit uit die BCCI se mis­luk­king om ’n stok­kie te steek voor ’n nu­we in­kom­ste­mo­del deur die In­ter­na­si­o­na­le Krie­ket­raad (IKR).

Die vier ad­mi­nis­tra­teurs, wat in ’n oor­sig­te­li­ke hoe­da­nig­heid dien, het die raad op­drag ge­gee om die keur­ko­mi­tee by­een te roep, ’n groep te kies en dan se­ker te maak die span gaan voort met sy voor­be­rei­ding vir die toer­nooi. In­dië moes op 25 A­pril al sy span in­ge­dien het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.