P­hi­lip sal die Haaie vo­ren­toe kan neem

Vaar baie goed teen Ja­gua­res

Beeld - - SPORT - Ti­nus van S­ta­den

P­hi­lip van der Walt kry van­dag die kans om Ro­bert du P­reez, die Haaie se brei­er, in­drin­gend te laat be­sin oor die span se kap­tein­skap vir die res van die Su­per­rug­by-reeks.

Dié flank het ver­le­de week ’n jong Haai-span tot ’n uit­ste­ken­de se­ge oor die Ja­gua­res in Ar­gen­ti­nië aan­ge­voer na­dat hy die kap­tein­skap by die los­voor­spe­ler Te­ra M­tem­bu oor­ge­neem het. Hy sal van­mid­dag weer voor draf wan­neer die Haaie in Dur­ban met die We­stern For­ce krag­te meet.

“Ek ge­niet die ver­ant­woor­de­lik­heid van kap­tein­skap, maar dit gaan nie na my kop toe nie. Ek het nie die ti­tel no­dig om lei­ding te neem nie en daar is baie lei­ers in die span, so dit maak die kap­tein­skap mak­li­ker,” sê Van der Walt.

Pa­trick Lam­bie, los­ska­kel en die Haaie se ge­reel­de kap­tein, keer te­rug na die plaas­ver­van­gers­bank ná ’n lang be­se­rings­tyd.

Lam­bie be­hoort vir aan­staan­de week se stryd teen die Kings weer as Du P­reez se kap­tein ge­kies te word, maar dit kan wys wees om lie­wer vir Van der Walt met daar­die ver­ant­woor­de­lik­heid te ver­trou, mits hy

die span dié na­week weer tot ’n goeie se­ge aan­voer.

Lam­bie kan dan net op sy eie spel­peil fo­kus met die oog op die Bok­ke se toets­reeks teen Frank­ryk in Ju­nie. Daar­be­ne­wens lig die kap­tein­skap dui­de­lik Van der Walt se eie spel.

Vol­gens Du P­reez is dié los­voor­spe­ler ’n uit­ste­ken­de kap­tein.

“Hy is nog al­tyd een van die lei­ers in ons groep en hy het baie goed teen die Ja­gua­res ge­speel. Hy lei met sy voor­beeld. Hy het baie sterk­pun­te en Te­ra bring weer ’n an­der di­men­sie wan­neer hy speel,” sê Du P­reez.

Die Haaie het goeie mo­men­tum

in Bu­e­nos Ai­res op­ge­bou en dit is be­lang­rik dat dié mo­men­tum ge­hand­haaf word.

“Die For­ce is een van die Aus­tra­lie­se span­ne wat die bes­te af­ge­rig is. Die wed­stryd teen die Ja­gua­res het die ge­ty vir ons ge­draai en ons moet nou daar­op voort­bou. Dit is be­lang­rik om ’n groot ver­to­ning teen die For­ce te le­wer,” sê Du P­reez.

As Van der Walt weer sy deug­de as kap­tein on­der­streep, kan dit wys wees om hom vir die res van die sei­soen in daar­die po­si­sie te hou.

Maar voor dan, sal die Dur­ba­nie­te eers moet sorg hul­le klop die For­ce oor­tui­gend.

Fo­to: GALLO IMAGES

P­hi­lip van der Walt van­dees­week in ’n oe­fen­ses­sie in Dur­ban.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.