B­lits­bok­kans maak Gans ‘meer vol­was­se’

Beeld - - SPORT - Fran­cois de Wet

Hy wil die er­va­ring wat hy as B­lits­bok op­ge­doen het, ten vol­le be­nut wan­neer hy eers­daags as Ju­ni­or S­pring­bok-sen­ter gaan diens doen in die o.20-Wê­reld­toer­nooi in T­bi­li­si, Ge­or­gië.

So sê S­ted­man Gans, wat van­jaar in vier toer­nooie van se­wes­rug­by se Wê­reld­reeks vir die B­lits­bok­ke ge­speel het. Hy be­skou sy tyd saam met Neil Po­well, B­lits­bok-af­rig­ter, se span as baie waar­de­vol en glo dit het hom meer vol­was­se ge­maak.

Die Ju­ni­or Bok­ke gaan van 31 Mei tot 18 Ju­nie aan die Ju­ni­or Wê­reld­toer­nooi deel­neem en dis op­merk­lik dat daar in die fi­na­le groep van 28 nie ’n lei­er on­der die ag­ter­lyn aan­ge­wys is nie.

Die slot/flank Ernst van R­hyn is as kap­tein aan­ge­wys en die ha­ker Jo­han Grobbelaar is die on­der­kap­tein.

Daar word ver­wag dat die los­ska­kel Cur­win Bosch, met sy er­va­ring, lei­ding on­der die ag­ter­spe­lers sal neem, maar Gans sal dank­sy sy bloot­stel­ling aan in­ter­na­si­o­na­le se­wes­rug­by ook nie skroom om te wys dat hy ge­reed is vir die uit­da­ging as ge­ne­raal nie.

“Ek het be­slis baie by die ou­er man­ne in die B­lits­bok­span ge­leer. Daar het ek meer van die siel­kun­di­ge kant van die spel ge­leer, want op o.20-vlak is die in­ten­si­teit van die spel net so hoog.

“In se­wes is daar nê­rens plek waar jy kan weg­kruip as jy fou­te maak nie en ek het dit gou uit­ge­vind. Dit was eg­ter brood­no­di­ge er­va­ring wat my sal my help om die reg­te be­slui­te

op die veld (in Ge­or­gië) te neem,” sê Gans.

Vir dié Blou Bul sal deel­na­me in T­bi­li­si nie die eer­ste keer wees dat hy deel van ’n Ju­ni­or Bok­span is nie. Hy het ver­le­de jaar in Man­ches­ter ook die span ver­teen­woor­dig.

Net soos in Man­ches­ter, waar die Jong Bok­ke met ’n vier­de plek te­vre­de moes wees, ver­wag Gans van­jaar nóg ’n klip­har­de toer­nooi.

“In só ’n toer­nooi is daar nie mak­li­ke wed­stry­de nie,” ver­dui­de­lik Gans.

“El­ke krag­me­ting is ’n taai een en waar jy op jou bes­te moet wees.”

Vir Gans is dit ’n voor­reg en ’n eer om weer in ’n o.20-Wê­reld­toer­nooi te speel, maar hy bieg dit was nie ’n lek­ker ge­voel om span­maats te groet wat hy ge­dink het ook die fi­na­le groep sou haal nie.

“Dit bly maar die sleg­ste deel van e­ni­ge oe­fen­kamp, wan­neer daai dag aan­breek wan­neer jy jou span­maats moet groet,” sê Gans.

S­ted­man Gans in ak­sie vir die B­lits­bok­ke teen Nieu­See­land.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.