En­ke­le lig­pun­te skyn in Hur­ri­ca­nes­wed­stryd

Beeld - - SPORT - S­te­phen Nell S­torStraf­doe­le:

Ter­wyl die S­tor­mers se­ge­loos en son­der ’n en­ke­le liga­punt van hul toer in Nieu-See­land te­rug­keer Kaap toe, het gis­ter se ver­to­ning in hul Su­per­rug­by-wed­stryd teen die Hur­ri­ca­nes nie­te­min ’n paar lig­pun­te op­ge­le­wer.

En nee, die lig aan die ein­de van die ton­nel lyk nie soos ’n aan­ko­men­de snel­trein nie.

’n Ver­swak­te S­tor­mers­span was dap­per in sy ne­der­laag van 22-41 in Wel­ling­ton. Met tien mi­nu­te oor het die Ka­pe­naars selfs die hef in die hand ge­had. Hul­le was met 22-27 ag­ter, maar die Hur­ri­ca­nes het slegs 14 spe­lers op die veld ge­had ná Brad S­hields se geel­kaart.

Vir die so­veel­ste keer op hul toer van Nieu-See­land het die S­tor­mers eg­ter op die har­de ma­nier ge­leer wat kan ge­beur as jy be­sit af­staan teen ’n puik aan­val­len­de span.

Die Hur­ri­ca­nes het ’n teen­aan­val uit hul kwart­ge­bied ge­loods, met N­ga­ni Lau­ma­pe wat vir sy twee­de drie af­ge­rond het. ’n D­wars­skop deur Beau­den Bar­rett, die Hur­ri­ca­nes se ge­ni­a­le All Blacklos­ska­kel, het vir die vier­de keer ook ’n be­pa­len­de rol in die drie ge­speel.

Daar­mee saam is nóg ’n les wat Rob­bie F­leck, die S­tor­mers se af­rig­ter, een­vou­dig nie wil leer nie op­nuut tuis­ge­bring: C­heslin Kol­be se ge­brek Kom hier! C­heslin Kol­be word deur Beau­den Bar­rett ag­ter­na ge­sit in gis­ter se Su­per­wed­stryd.

aan ’n fi­sie­ke teen­woor­dig­heid maak van hom op hier­die vlak ’n las op die vleu­el.

Ju­li­an Sa­vea het een­vou­dig bo-oor Kol­be ge­hard­loop voor­dat Lau­ma­pe in be­sit ge­stel is.

Selfs as ’n mens die S­tor­mers se se­we af­ge­staan­de drieë in ag neem, het hul­le veel be­ter ver­de­dig as in hul vo­ri­ge toer­wed­stry­de teen die Cru­sa­ders en High­lan­ders.

Hul­le was in die Hur­ri­ca­nes se ge­sig­te, het goed ge­dryf, druk in die skrums uit­ge­oe­fen en het die ont­wrig­ting van die ver­lies van hul los­ska­kel, Ro­bert du P­reez, in die eer­ste helf­te oor­kom.

Twee straf­doe­le voor rus­tyd en nóg twee ná die om­draai­slag

– al­mal deur SP Ma­rais – het die S­tor­mers op 22-22 ge­lyk laat trek. Dít na­dat hul­le in die 24ste mi­nuut met 3-17 ag­ter was. Daar­na het hul­le aan­ge­hou om die Hur­ri­ca­nes se le­wens on­ge­mak­lik te maak, maar die Ki­wi’s het die Ka­pe­naars se fou­te mee­do­ën­loos uit­ge­buit.

Dit sal ook in­te­res­sant wees om te hoor hoe F­leck sy plaas­ver­van­ger-stra­te­gie vir die wed­stryd ver­dui­de­lik. Sy kap­tein, Siya Ko­li­si, was een van die bes­te spe­lers op die veld, maar is met ’n kwar­tier oor ver­vang. In­dien Ko­li­si nie be­seer was nie, was dit ui­ters swak oor­deel deur F­leck.

Ter­wyl die S­tor­mers op toer 24 drieë af­ge­staan het – meer as die 21 in ál 16 hul li­ga­wed­stry­de in 2012 – was daar teen die Hur­ri­ca­nes da­rem weer be­ter tak­tie­se spel te be­speur.

Dis meer as wat ge­sê kan word ná ver­le­de week se ka­ta­stro­fe teen die High­lan­ders.

’n Mens kan maar net hoop dat die S­tor­mers sal af­sien van die roe­ke­loos­heid wat hul spel dik­wels in Nieu-See­land ge­ken­merk het.

In­dien hul­le slim­mer speel, is daar al­le re­de om te glo dat dit in hul broe­ke sit om hul vol­gen­de wed­stryd – op 19 Mei teen die Blu­es op Nu­we­land – te wen.

Hou in ge­dag­te dat drie vas­te voor­spe­lers met S­pring­bok-kleu­re – Frans Mal­her­be, E­ben Et­ze­beth en Pie­terS­te­ph du Toit – dán be­hoort te­rug te keer.

Wie weet in­der­daad wat sou ge­beur het as hul­le, as­ook Ryn­hardt El­stadt en Ju­an de Jongh, teen die Hur­ri­ca­nes ge­speel het.

By­ge­sê was F­leck se oor­deel deur vir Du Toit in twee wed­stry­de as ’n flank te laat be­gin, ook be­denk­lik. Hy is im­mers een van die voor­ste nr.5-slot­te ter wê­reld.

As die les­se van dié toer eg­ter ge­leer is, is daar on­danks vier ne­der­lae ag­ter­een­vol­gens tog nog hoop vir die S­tor­mers.

Pun­te­ma­kers: Hur­ri­ca­nes 41 (22): Drieë:

Co­ry Ja­ne, Jor­die Bar­rett (2), Ju­li­an Sa­vea, N­ga­ni Lau­ma­pe (2), Beau­den Bar­rett. Jor­die Bar­rett (3). Ra­mo­ne Sa­mu­els. Ro­bert du P­reez.

P­reez, SP Ma­rais (4).

Doel­skop­pe: mers 22 (16): Drie: Doel­skop:

Du

Fo­to: GETTY IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.