Bul­le: Is dit weer ’n blou Maan­dag?

Tog speel Cru­sa­ders met vuur

Beeld - - SPORT - Co­bus Claas­sen

Dit was waar­skyn­lik nie die be­doe­ling nie, maar die Cru­sa­ders het met die keu­se van die All Black-sen­ter Ry­an Crot­ty as ’n plaas­ver­van­ger, ’n dui­de­li­ke bood­skap aan die Bul­le ge­stuur.

En dít is dat Lof­tus Vers­feld nie meer so ’n on­ple­sie­ri­ge voor­uit­sig vir be­soe­ken­de span­ne is soos ’n paar sei­soe­ne ge­le­de nie.

Die Ki­wi’s ma­keer van­mid­dag die hart­klop van die Cru­sa­ders­pak, die ge­har­de All Blacks Sam W­hi­te­lock en Kie­ran Re­ad.

Jy sou dink dat die be­soe­kers met dié er­va­ring ver­lo­re, Crot­ty ten al­le kos­te in die op­draf­span sou wou hê.

Ver­al in die lig daar­van dat ver­skeie spe­lers in die Cru­sa­ders se ag­ter­lyn eers on­langs op die Su­per­rug­by-ra­dar ver­skyn het.

Daar is heel moont­lik voor­af be­plan dat Crot­ty in P­re­to­ria as plaas­ver­van­ger sou speel.

En hy be­hoort ’n groot im­pak te maak in die twee­de helf­te, maar jy kan steeds nie die in­druk dat dit as ’n mak­li­ker wed­stryd vir die Cru­sa­ders be­skou word, weg­praat nie.

Weeg jy die span­ne se ver­to­nings in die eer­ste tien ron­des van Su­per­rug­by teen me­kaar op, be­sef jy die stryd is een tus­sen ’n Fer­ra­ri en ’n Fi­at Uno.

Die Cru­sa­ders het ne­ge uit ne­ge ge­wen en het al 51 drieë ge­druk.

’n Wen­per­sen­ta­sie van min­der as 40% en 19 drieë is in die sta­di­um die Bul­le se oes.

Die e­nig­ste guns­ti­ge voor­bo­de vir A­dri­aan S­trauss-hul­le is dat die Bul­le so­ver al drie hul tuis­wed­stry­de ge­wen het en dat die Cru­sa­ders se­dert 2009 in al vyf pro­beer­slae hier aan die ver­loor­kant was.

So­wat ’n maand voor­dat die Fran­se in ’n toets­reeks ge­pak word, kan Bok-kan­di­da­te soos Jes­se K­riel, Jam­ba U­len­go, Piet van Zyl, Lood de Ja­ger, en T­re­vor Ny­a­ka­ne hul aan­de­le ’n hup­stoot gee met sterk ver­to­nings.

Daar is ’n he­le paar Bul­le wat ’n be­lang­ri­ke dag op “kan­toor” het.

S­trauss word ge­meet met die All Black-gro­te in wor­ding – Co­die Tay­lor.

Ny­a­ka­ne sal sy sto­rie aan die vas­kop­kant moet ken teen die ou jak­kals Wy­att Croc­kett en De Ja­ger kom op sy beurt teen die be­lo­wen­de S­cott Bar­rett, die All Black-los­ska­kel, Beau­den se jon­ger broer, te staan.

Daar is die af­ge­lo­pe paar we­ke ge­reeld ge­vra wan­neer die Bul­le se draai­punt kom. Hul­le kan nie vir ’n be­ter af­spraak vra om te waar­sku dat daar gaf­fel in dié Bul oor is nie. Kry die Bul­le slae, kan Mei ’n droe­wi­ge af­fê­re word.

Met die High­lan­ders, die Leeus (op El­lis­park) en die Hur­ri­ca­nes, wat wag, word daar juis by Lof­tus ver­wys na die Maand van Hel.

■ Han­ro Lie­ben­berg het hom gis­ter weens ’n be­seer­de dy­spier aan die span ont­trek. en word op agt­ste­man deur Re­nal­do Both­ma ver­vang.

Weeg jy die span­ne se ver­to­nings tot dus­ver teen me­kaar op, be­sef jy die stryd is een tus­sen ’n Fer­ra­ri en ’n Fi­at Uno.

Die Bul­le se S­pring­bok­skrum­ska­kel Piet van Zyl moet van­dag op Lof­tus Vers­feld die stang vas­byt in die Su­per­rug­by­wed­stryd teen die Cru­sa­ders. Fo­to: GALLO IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.