S­kiet nóú wor­tel in Ha­zel­wood

Beeld - - HUISGIDS - Li­net­te Re­tief

As jy soek na ’n buurt met ’n by­der­wet­se straat­ka­fee­kul­tuur, is jou ant­woord Ha­zel­wood, ’n voor­stad in die oos­te van P­re­to­ria wat al hoe ge­wil­der raak dank­sy ’n op­win­den­de ver­skei­den­heid kui­er- en eet­plek­ke.

Só sê Cor­li van Heer­den, ’n Seeff-a­gent vir die om­ge­wing.

“Die voor­stad is ’n be­si­ge kom­mer­si­ë­le spil­punt en die hart­klop daar­van is The Club, ’n ge­sog­te leef­styl­win­kel­sen­trum met, on­der meer, bui­te­lug­re­stau­ran­te waar ’n mens ’n heer­li­ke ont­span­ne maal­tyd kan ge­niet.

“Op­win­den­de nu­we re­stau­ran­te en eet­plek­ke, as­ook die Ha­zel­wood-kos­mark wat el­ke Saterdag plaas­vind, het die ge­bied baie ge­wild ge­maak.”

Ha­zel­wood is in die hart van P­re­to­ria-Oos en word om­ring deur woon­buur­te soos Men­lo­park en Brook­lyn aan die een kant en Wa­ter­kloof aan die an­der. Dit bied vin­ni­ge toe­gang tot die N1 en die stad se an­der be­si­ge paaie.

So­wat ’n kwart van al­le on­lang­se ko­pers is so­ge­naam­de mil­len­ni­ërs (on­der 35 jaar oud). Deel van die aan­trek­kings­krag van die buurt is die meng­sel van ou­er hui­se en nu­we woon­een­he­de, hoe­wel daar tans baie min ei­en­dom op die mark is om­dat ei­e­naars ge­neig is om hul eien­dom­me te hou, sê Van Heer­den. Die prys van ’n ti­pie­se drie­slaap­ka­mer­huis in Ha­zel­wood is so­wat R2,68 mil­joen en dit kan huur­geld van so­wat R19 500 per maand ge­ne­reer.

Met mil­len­ni­ërs wat so­wat ’n der­de van on­lang­se ver­koops­ak­ti­wi­teit in die ge­bied ver­teen­woor­dig, is die voor­stad Con­stan­ti­a­park met sy lig­ging na­by Men­lyn­park, e­wen­eens ’n by­der­wet­se op­sie, sê Jo­ha­let S­teyn, nog ’n Seeff-a­gent. “Die groot­ste

trek­pleis­ter is die be­kos­tig­baar­heid van die voor­stad en dit is ge­wil­de stu­den­te­ver­blyf, as­ook ver­blyf vir jong be­roeps­men­se en jong ge­sin­ne,” sê sy.

S­teyn sê Con­stan­ti­a­park is baie sen­traal ge­leë. Dit bied vin­ni­ge toe­gang tot die N1- en die N4-snel­weg en is na­by die by­der­wet­se nu­we Men­lyn Mai­ne­ont­wik­ke­ling. Daar is puik sko­le as­ook ge­rie­we in die ge­bied.

Die ge­mid­del­de deel­ti­tel­prys is so­wat R1,2 mil­joen ter­wyl vol­ti­tel­hui­se vir ge­mid­deld R1,85 mil­joen ver­koop word. Huur­pry­se wis­sel van ge­mid­deld R11 500 tot R16 000 per maand.

’n Der­de voor­stad waar die mil­len­ni­ërs so­wat 41% van on­lang­se

ver­koops­ak­ti­wi­teit ver­teen­woor­dig, is E­ques­tria.

A­nel van der S­chyff, Seeff se a­gent vir die ge­bied, sê die voor­stad is ge­wild on­der jong loop­baan­men­se as­ook ge­sin­ne, dank­sy ’n wye ver­skei­den­heid van deel­ti­te­lop­sies van woon­een­he­de tot meent­hui­se as­ook vol­ti­tel­ei­en­dom­me.

Be­kos­tig­baar­heid maak E­ques­tria by uit­stek aan­trek­lik vir eer­ste ko­pers met deel­ti­tel­ei­en­dom­me teen so­wat R1,05 mil­joen en vol­ti­tel­ei­en­dom­me teen ge­mid­deld R1,93 mil­joen. Huur­pry­se wis­sel van so­wat R6 000 per maand tot R18 000 vir ’n weel­de­ri­ge tuis­te wat dik­wels met vier slaap­ka­mers spog.

Van der S­chyff voeg by dat die voor­stad e­wen­eens puik ge­rie­we bied, in­sluit die Gro­ve Mall, met ’n wye ver­skei­den­heid be­ken­de han­dels­na­me in die klein­han­de­len re­stau­rant­be­dryf en ont­span­nings­ge­rie­we wat ’n ys­skaats­baan en ’n I­max-te­a­ter in­sluit.

Gerhard van der Lin­de, be­stu­ren­de di­rek­teur vir Seeff in P­re­to­ria-Oos, sê dit is ’n goeie tyd om in die ge­bied te be­lê.

“On­ge­ag die toe­stand van die e­ko­no­mie bly ei­en­dom, ver­al in sul­ke ge­wil­de voor­ste­de, ’n goeie be­leg­ging,” is sy slot­som.

Vir meer in­lig­ting oor eien­dom­me kon­tak Seeff P­re­to­ri­aOos by 012 452 2500 of be­soek www.seeff.com.

(www.seeff.com, web­ver­wy­sing: 411615) Fo­to: VER­SKAF.

Hier­die prag­ti­ge ruim wo­ning in ’n af­ge­sper­de ge­bied in Men­lo­park, wat aan Ha­zel­wood g­rens, is op die mark teen R2,995 mil­joen en pronk met puik af­wer­kings, ruim leef­ en bui­te­lug­a­re­as, ’n prag­ti­ge tuin en ’n af­son­der­li­ke een­slaap­ka­mer­woon­stel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.