DIS TRA­NE EN TRIOMF Ten­nis se tie­ners

Beeld - - SPORT - Ma­ri­zan­ne Kok

Die 14-ja­ri­ge Zoë Kru­ger het die af­ge­lo­pe week die jong­ste s­pe­ler op vrou­e­ten­nis se wê­reld­rang­lys ge­word na­dat sy op uit­no­di­ging tot die hoof­lo­ting van ’n ITF-toer­nooi in Tu­ni­sië toe­ge­laat is.

Nou wink WTA-toer­nooie in Duits­land en dalk vin­ni­ge op­gang van haar hui­di­ge 1 180ste po­si­sie op die rang­lys.

’n Mens won­der hoe ver Zoë, oud­ste dog­ter van die ont­sla­pe Bok-flank Ru­ben, kan kom. Zoë het ’n ste­wi­ge kop op haar skou­ers en in haar ma, Li­ze, en af­rig­ter, T­ho­mas Hog­stedt, ’n goeie on­der­steu­ners­korps, maar die ten­nis­ge­skie­de­nis lê be­saai met tie­ner­su­per­ster­re wat blit­sig uit­ge­brand het en uit wie se ver­ha­le dié Suid-A­fri­ka­ner kan leer.

Daar is ’n hand­vol an­der voor­beel­de van jong mei­ sies wat ge­vou het on­der die druk van be­roep­sten­ nis. Je­le­na Do­kic het by­voor­beeld tot vier­de op die rang­lys ge­klim, maar van daar af ge­val tot 450ste en uit­ein­de­lik, op 21, het sy haar ra­ket weg­ge­bê­re.

Maar daar is ook die po­si­tie­we sto­ries.

Toe Mo­ni­ca Se­les in 1990, op

16, die top­punt van die wê­reld­rang­lys be­reik het, was sy die jong­ste tot in daar­die sta­di­um. Sy het agt Grand Slam­ti­tels voor haar 20ste ver­jaar­dag ge­wen en tus­sen Ja­nu­a­rie 1991 en Fe­bru­a­rie 1993 die eind­stryd ge­ haal van 33 uit 34 toer­nooie. Dit was uit­ein­de­lik ’n mes­aan­val deur ’n ver­steur­de S­tef­fi Gra­fon­der­steu­ner wat haar goue era be­ëin­dig het.

Die ver­haal wat el­ke jon­ge­ling van­dag pro­beer na­streef, is dié van die Wil­li­ams­sus­ters, Ve­nus en Se­re­na. Al­bei het hul WTA­de­buut op 14 ge­maak en op 17 hul eer­ste be­roeps­ti­tels ge­wen. Ve­nus het tot dus­ver se­we Grand Slam­en­kel­spel­ti­tels ge­wen en Se­re­na 23, en die duo het in Ja­nu­a­rie (op on­der­skei­de­lik 36 en 35) in die Aus­tra­lie­se Ope­eind­stryd ge­speel.

Zoë Kru­ger

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.