Jen­ni­fer Ca­pri­a­ti

Beeld - - SPORT -

Jen­ni­fer Ca­pri­a­ti was net 13 toe sy vir die eer­ste keer op S­ports Il­lus­tra­ted se voor­blad ver­skyn het. Hier, het die tyd­skrif in 1990 ge­ju­bel, is ten­nis se vol­gen­de su­per­ster.

Op 14 het Ca­pri­a­ti se naam in die ten­nis­wê­reld weer­galm en is die rooi ta­pyt vir haar uit­ge­rol toe sy haar de­buut in die I­ta­li­aan­se Ope ge­maak het.

Sy het die Fran­se Ope se half­eind­ron­de met haar eer­ste pro­beer­slag be­reik, in 1992 O­lim­pie­se goud ge­wen en as die jong­ste s­pe­ler die wê­reld se top­tien an­der spe­lers oor­rom­pel met krag­spel.

Maar die bor­rel het ge­bars toe sy in 1993 met dag­ga in haar be­sit be­trap en in heg­te­nis ge­neem is weens win­kel­dief­stal. Die ei­se op en van die baan het haar na die ver­keer­de vrien­de ge­dryf en weg van ten­nis.

Teen die ein­de van die de­ka­de was sy te­rug – en be­ter as ooit. In Ok­to­ber 2001 was daar drie Grand Slam­ti­tels ag­ter haar naam en was sy die wê­reld se voor­ste s­pe­ler.

Uit­ein­de­lik was dit die be­se­rings­pook wat Ca­pri­a­ti as ten­nis­spe­ler fi­naal ge­knak het. Maar sy word min­der ont­hou vir die ma­nier waar­op haar loop­baan uit­ein­de­lik ge­ëin­dig het en die paar goue ja­re voor dit, as vir die skan­des van haar tie­ner­ja­re.

Jen­ni­fer Ca­pri­a­ti op 14 by die A­me­ri­kaan­se Ope in 1989.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.