And­rea Ja­e­ger

Beeld - - SPORT -

Op 14 het And­rea Ja­e­ger die wê­reld aan haar voe­te ge­had. Sy was bang vir nie­mand nie en kon hou vir hou by­hou by selfs Chris E­vert en Bil­lie Je­an King.

Nie­mand was ver­baas toe sy in 1982 as 16­ja­ri­ge die Fran­se O­pe­eind­stryd ge­haal het nie. Die vol­gen­de jaar was sy nr. 2 op die wê­reld­rang­lys en in die Wim­ble­don­eind­stryd.

Maar toe ’n skou­er­be­se­ring haar ’n jaar la­ter van die ten­nis­baan dwing, het Ja­e­ger weg­ge­stap en nooit weer te­rug­ge­kyk nie. Sy het die geld wat sy op die ten­nis­baan ver­dien het aan ’n lief­da­dig­heids­or­ga­ni­sa­sie ge­skenk en ja­re la­ter ge­sê die self­sug­tig­heid wat suk­ses op die groot­ste ver­hoog ver­eis, was een­vou­dig nie ’n ei­en­skap wat sy wou hê nie.

In 2006, op 41, het Ja­e­ger ’n non ge­word, maar die kerk in 2009 ver­laat. Die A­me­ri­ka­ner is steeds be­trok­ke by lief­da­dig­heids­werk.

And­rea Ja­e­ger by die Fran­se Ope van 1981.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.