Band ‘reis’ 7 km ver vir arm kin­ders

Beeld - - NUUS - Seug­net van Zyl

Om ’n groot bui­te­band van 75 kg meer as 4 000 keer om te dop oor ’’n af­stand van 7 km wil ge­doen wees.

Dit is wat ’n span van vyf mans van Toys for A­fri­ca, ’n nie­wins­ge­wen­de or­ga­ni­sa­sie wat speel­goed en skryf­be­hoef­tes aan min­der­be­voor­reg­te kin­ders ver­skaf, gis­ter al langs Lynn­wood­weg in die oos­te van P­re­to­ria ge­doen het.

“Met el­ke om­gooi van die band word R5 in­ge­vor­der wat dan ge­noeg geld is vir een kind se skryf­be­hoef­tes vir ’n kwar­taal,” sê Da­nie van Log­ge­ren­berg, stig­ter van Toys for A­fri­ca.

Die aan­vank­li­ke tei­ken was om die band ver­der as 10 km om te dop om 6 000 kin­ders van skryf­be­hoef­tes te voor­sien, maar Van Log­ge­ren­berg sê hul­le moes by 7 km op­hou om­dat daar een man min­der was om die reu­se­band om te keer.

“Ons kon nie meer nie,” het hy ge­sê na­dat hul­le dié af­stand bin­ne vier uur en 28 mi­nu­te vol­tooi het.

Hy gaan steeds pro­beer om dit as ’n wê­reld­re­kord te be­ves­tig.

In die af­ge­lo­pe se­we jaar se­dert die or­ga­ni­sa­sie se ont­staan is meer as 256 000 min­der­be­voor­reg­te kin­ders van skryf­be­hoef­tes of speel­goed voor­sien.

Van Log­ge­ren­berg is ’n wê­reld­re­kord­hou­er na­dat hy ’n paar jaar ge­le­de ’n band van 100 kg vir 10 km ook ten ba­te van sy or­ga­ni­sa­sie om­ge­dop het.

“Ons gee om vir kin­ders. Daar is kin­ders wat so ver skool toe moet loop.”

Da­nie van Log­ge­ren­berg, stig­ter van Toys for A­fri­ca, dop die reu­se­band in Lynn­wood­weg, P­re­to­ria, vir die hoe­veel­ste keer om om geld vir die or­ga­ni­sa­sie in te sa­mel. Fo­to: DEAAN VIVIER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.