‘Ek sal loop,’ sê Marais

Beeld - - Voorblad - Co­bus Claas­sen

“Daar is twee af­rig­ters. Een wat reeds af­ge­dank is en een wat nog af­ge­dank gaan word.”

Nol­lis Marais, die Bul­le se hoof­af­rig­ter, het eer­gis­ter­aand dié ge­vleu­el­de woor­de ge­had toe hy ge­vra is of dit hom kwel dat hy die trek­pas kan kry.

Tal­le on­der­steu­ners het al teen rus­tyd ver­erg huis­waarts ge­keer en die Bul­le het ein­de­lik ’n groot loe­sing van 24-62 by die Cru­sa­ders ge­kry.

En dit op Lof­tus Vers­feld. Die groot­ste ne­der­laag in P­re­to­ria in die an­na­le van Su­per­rug­by.

“Ek staan pa vir al­les. Daar is groot on­te­vre­den­heid en ek het be­grip daar­voor.

“As die (Bul­le se) raad be­sluit ek is nie op­ge­was­se nie, sal ek dit aan­vaar.”

Marais sê hoe­wel dit nie so lyk nie, glo hy steeds die Bul­le kan ’n top­span word.

“El­ke af­rig­ter het sy eie rug­by­fi­lo­so­fie en ek het wel­slae be­haal met el­ke span wat ek in die ver­le­de af­ge­rig het.”

Daar is die laas­te ruk hard­nek­ki­ge ge­rug­te dat daar van Marais se hulp­af­rig­ters is wat op ge­leen­de tyd is.

“Ek dink ons het ’n goeie af­rig­ting­span. Dit sal ver­keerd wees van my om die skuld op hul­le te pak.

“As ie­mand in die sper­vuur moet wees, is dit ek. Ek aan­vaar vol­le ver­ant­woor­de­lik­heid.”

Dit is be­lang­rik dat “die reg­te be­slui­te vir die span ge­neem word”, sê Marais.

“As jy 62 pun­te op Lof­tus af­staan, gaan jy voel die spe­lers het jou in die steek ge­laat.

“Maar die spe­lers het hul­self ook in die steek ge­laat.

“Die ver­to­ning is net nie aan­vaar­baar nie en geen spe­ler sal met lus­te­lo­se ver­to­nings in die span bly nie. Net soos ek nie van die spe­lers ver­wag om ge­mid­del­de ver­to­nings te le­wer nie, ver­wag die raad nie van my om ge­mid­deld te wees nie.”

Hy het die Cru­sa­ders groot lof toe­ge­swaai.

“Hul­le is bril­jant op die aan­val en hul werk­ver­rig­ting by die af­breek­pun­te is in ’n an­der klas. Jy kan ver­staan hoe­kom hul­le die voor­lo­pers is.”

Marais het weer ge­brek­ki­ge af­ron­ding en swak be­sluit­ne­ming as ’n re­de voor­ge­hou.

“As jy ’n kans kry, moet jy meer as net drie pun­te kry.

“Daar is geen an­der ma­nier waar­op jy by ’n span soos die Cru­sa­ders sal kan kers vas­hou nie.”

A­dri­aan S­trauss, Bul-kap­tein, is ge­vra of hy nog hon­ger ge­noeg is vir Su­per­rug­by.

“Be­slis. Ek wil ’n by­drae en ’n ver­skil maak, hoe ek ook al kan help om die Bul­le weer die krag van ’n paar sei­soe­ne ge­le­de te maak.

“Dit gaan dalk nie oor­nag ge­beur nie. Al­les is nie ver­lo­re nie. Ons moet te­rug­kom en al­les in­sit om die reeks goed af te sluit,” sê S­trauss.

Vol­gens Marais gaan die Bul­le nie weg­skram van die drie uit­da­gen­de we­ke wat voor­lê nie.

Hul­le kom Sa­ter­dag teen nog ’n Nieu-See­land­se teen­stan­der, die High­lan­ders, te staan.

“Om in die hoek te gaan sit en huil, is nie ’n op­sie nie.”

Foto’s: GALLO

Jack Good­hue van die Cru­sa­ders hard­loop met die bal in die Su­per­rug­by­wed­stryd tus­sen die Bul­le en die Cru­sa­ders Sa­ter­dag op Lof­tus Vers­feld. Regs: Nol­lis Marais, die Bul­af­rig­ter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.