Mei­sie sien hoe bot­sing ge­sin uit­wis

Ry ag­ter hul mo­tor wat teen lor­rie bots

Beeld - - Voorblad - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

Kort na­dat ’n fi­si­o­te­ra­peut van P­ha­la­bor­wa Sa­ter­dag toe­ge­kyk het hoe sy seun sy eer­ste drie in ’n rug­by­wed­stryd druk, is feit­lik die he­le ge­sin in ’n pad­on­ge­luk uit­ge­wis.

Frank S­trei­cher van Frank S­trei­cher-fi­si­o­te­ra­peu­te, sy vrou, Ce­le­sté, en hul seun, Fran­ko, is dood toe hul­le om­streeks 16:20 op die Gra­ve­lot­te-pad in Lim­po­po blyk­baar vir ’n vrag­mo­tor pro­beer uit­swaai het.

S­trei­cher was ’n goeie vriend van die san­ger Jak de P­rie­ster.

Le­nisè Jan­se van Vuur­en, ’n jong leer­ling­on­der­wy­ser wat in die S­trei­chers se Toyo­ta Pra­do saam­ge­ry het, is ook dood.

Die S­trei­cher-eg­paar se dog­ter, Lua, was ’n pas­sa­sier in ’n mo­tor wat ag­ter die Pra­do ge­ry het.

’n Maat­jie van Fran­ko, Jan­co O­ber­hol­zer, is na die T­za­neen Me­di­cli­nic ge­neem.

Hy is on­der ver­do­wing en sy brein is ge­swel. Hy het ook ’n ge­breek­te arm en knie.

Kol. Mo­ats­he N­goe­pe, po­li­sie­woord­voer­der in Lim­po­po, sê ’n klag van straf­ba­re man­slag word on­der­soek. Hy sê die vrag­mo­tor en die Toyo­ta Pra­do het blyk­baar vir me­kaar pro­beer uit­swaai toe hul­le ge­bots het.

“Dit is on­be­kend of die vrag­mo­tor ’n an­der een pro­beer ver­by­steek het toe die bot­sing ge­beur het.”

Die vrag­mo­tor­be­stuur­der is

lig be­seer en ook hos­pi­taal toe ge­neem.

“Die po­li­sie se on­der­soek sal la­ter toon of die vrag­mo­tor­be­stuur­der aan­ge­kla sal word,” sê N­goe­pe.

’n In­ge­lig­te het aan Beeld ge­sê die vrag­mo­tor het glo ’n an­der vrag­mo­tor ver­by­ge­steek. Die Toyo­ta was in sy eie baan en moes op die skou­er van die pad ry om ’n bot­sing reg van voor teen die vrag­mo­tor te pro­beer ver­my.

Die Far North Bul­le­tin het be­rig die S­trei­chers en Van Vuur­en was Sa­ter­dag by ’n sko­le­rug­by­dag by die Dr. An­nec­ke P­ri­ma­ry S­chool in Let­si­te­le.

Die on­ge­luk het op pad huis toe ge­beur.

Vol­gens die koe­rant is Jan­co die seun van Cor­nel O­ber­hol­zer, on­der­hoof van die La­er­skool P­ha­la­bor­wa. Jan­co het vroe­ër kan­ker oor­win.

Ce­le­sté was ’n on­der­wy­ser aan die La­er­skool P­ha­la­bor­wa.

Le­nisè, wat on­der­wys stu­deer het, het haar in­tern­skap by dié la­er­skool ge­doen.

Die S­trei­chers word Sa­ter­dag 13 Mei van­uit die NG kerk P­ha­la­bor­wa be­gra­we.

De P­rie­ster het sy hart op In­sta­gram uit­ge­stort oor die dood van die S­trei­cher-ge­sins­le­de, ver­al Frank.

“Hier­die was my lang­ste, bes­te vriend. Ons was van kleu­ter­skool af saam. Deur ma­triek . . . ons wou die wê­reld ver­an­der toe ons op ho­ër­skool was in Pa­rys.

“Hier waar ek staan, is ek stuk­kend. Ek en my pel het baie plan­ne ge­had vir die toe­koms, maar ek het be­sef die dag van mô­re is aan nie­mand be­loof nie.

“Gee da­de­lik jul­le kin­ders ’n druk en ver­tel al­mal vir wie jy lief is dat jy vir hul lief is, want die le­we is kort en ’n ge­skenk.

“Gaan jou mis my vriend, RIV Frank S­trei­cher en sy ge­sin. Jxxxxx.”

Foto: FA­CE­BOOK

Ce­le­sté en Frank S­trei­cher en hul kin­ders, Fran­ko en Lua.

Foto: FA­CE­BOOK

Le­nisè Jan­se van Vuur­en

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.