SA mo­to­ris­te kom nie pad­re­ëls na, sê 90%

Beeld - - Voorblad - Mal­her­be Nie­na­ber

Ver­keers­re­ëls word al hoe min­der ge­hoor­saam en mo­to­ris­te se hou­ding teen­oor me­kaar het die laas­te paar jaar ver­sleg.

Dít is die me­ning van so­wat 1 000 mo­to­ris­te wat aan ’n pei­ling deur die Au­to­mo­biel As­so­si­a­sie (AA) deel­ge­neem het.

By­na 75% van die re­spon­den­te het ge­sê mo­to­ris­te se hou­ding teen­oor me­kaar het ver­sleg en 88% is van me­ning dat die na­ko­ming van ver­keers­re­ëls die af­ge­lo­pe twee jaar ver­sleg het.

“Die uit­slag van die op­na­me is eint­lik skrik­wek­kend, want dit dui nog­maals aan dat die mees­te mo­to­ris­te meen die pro­ble­me op Suid-A­fri­ka se paaie is ie­mand an­ders se skuld,” lui ’n ver­kla­ring deur die AA.

In die pei­ling is ver­der be­vind dat net meer as 55% van mo­to­ris­te land­wyd meen dat sig­ba­re po­li­si­ë­ring op paaie af­ge­neem het, ter­wyl 13% deel­ne­mers sê hul­le dink dit het se­dert 2015 ver­be­ter. Die op­na­me is in A­pril ge­doen. Wat sig­ba­re po­li­si­ë­ring op paaie be­tref, het die mees­te men­se in die Oos-Kaap (70,7%) ge­sê dit het ver­sleg, ge­volg deur Noord­wes (70%), K­waZu­lu-Na­tal (66,9%), die Wes-Kaap (61,43%) en Gau­teng (52,24%).

Die Noord-Kaap (60%) en Lim­po­po (56,52%) het die mees­te men­se ge­had wat ge­sê het dit het on­ver­an­derd ge­bly, ter­wyl dit in die an­der pro­vin­sies op tus­sen 20% en 30% staan.

Lim­po­po (17,39%), Gau­teng (15,8%) en die Wes-Kaap (14,8%) het die mees­te mo­to­ris­te ge­had wat ge­sê het sig­ba­re po­li­si­ë­ring het ver­be­ter, ter­wyl 10% of min­der in die an­der pro­vin­sies so ge­dink het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.