F­rik du P­reez ont­moet die vroue wat hom red

Oud­Bok se ‘red­ders’ be­soek hom in hos­pi­taal

Beeld - - Voorblad - A­let Jou­bert

Dat twee “bled­die vrou­men­se hom nou moes red”, het F­rik du P­reez, oud-S­pring­bok, ge­kors­wel toe T­rish Arm­strong en Ina S­tri­j­dom hom Sa­ter­dag in die hos­pi­taal be­soek het.

Arm­strong, ’n me­tro­po­li­sie­be­amp­te, en S­tr­ji­dom, ’n stads­raads­lid van Tshwa­ne, het Du P­reez Don­der­dag by­ge­bring na­dat hy by Le­ri­ba Lod­ge in Cen­tu­ri­on in­me­kaar­ge­sak het.

“Die eer­ste ruk­kie langs die hos­pi­taal­bed was baie e­mo­si­o­neel, ons het al­mal ge­huil,” sê S­tri­j­dom.

“Sy vrou het ons vas­ge­gryp en ge­druk.” Arm­strong sê ná die tra­ne het hul­le land en sand ge­sels. “Ons het oor sy plot ge­praat, rug­by, die vrees­li­ke toe­stand waar­in die Blou Bul­le ver­keer, waar­oor hy am­per weer ’n hart­aan­val ge­kry het! Wat ’n won­der­li­ke mens. Dit was soos as ’n mens as kind kans sou kry om met Su­per­man te praat. Hy’s so sterk soos ’n os!”

Arm­strong, wat ’n nood­hulp­kur­sus ge­doen het toe sy jon­ger was, het mond-tot-mon­da­sem­ha­ling toe­ge­pas toe sy Du P­reez Don­der­dag bui­te die re­stau­rant by Le­ri­ba Lod­ge sien lê.

“Ek het Ina ge­vra om ’n am­bu­lans te ont­bied en toe dat sy F­rik se kop ag­ter­toe hou.”

S­tri­j­dom be­skryf haar aan­deel in dié span­po­ging as “min­der as 20%”.

“Maar ek sien nou hoe die He­re die leg­kaart­stuk­ke in­me­kaar laat pas het.”

S­tri­j­dom was vroe­ër die mid­dag by die lod­ge op ’n ver­ga­de­ring toe Peet du P­reez, ei­e­naar van Le­ri­ba, hul­le nooi om vir ’n wyn­proe-ge­leent­heid te bly.

“Die vol­gen­de oom­blik kom F­rik du P­reez by die re­stau­rant in­ge­stap en word aan ons voor­ge­stel. Ek het nie eens ge­weet hy was daar vir ’n gholf­dag nie.”

Sy het ’n foto van haar en Du P­reez na Arm­strong, wat sy al vroe­ër ge­nooi het om by hul­le aan te sluit, ge­stuur met ’n bood­skap: “Kyk net wie is hier.”

Arm­strong het toe vin­nig ge­spring om van P­re­to­ria-Noord te ry om haar “klein­tyd­held”

te kan ont­moet.

In­tus­sen het Du P­reez ’n op­roep ge­kry en bui­ten­toe ge­stap om do­ku­men­te te ont­vang wat vir hom af­ge­le­wer sou word.

“Die vol­gen­de oom­blik het ie­mand ge­skree: ‘Ina, kom help!’ Ek het my in ’n an­der bloed­groep in ge­skrik en bui­ten­toe ge­hard­loop.”

S­tri­j­dom ver­tel hoe sy daar vir Arm­strong aan­ge­tref het wat reeds met nood­hulp be­sig was en hoe Du P­reez hul­le van­uit sy hos­pi­taal­bed in tra­ne be­dank het.

“Ons het ook die snaak­se oom­blik­ke van daai aand her­leef. Jy weet, ek het van die lig af in die don­ker in ge­hard­loop by Le­ri­ba en daar haak my voet oor F­rik du P­reez se nr. 14-voe­te vas en ek slaan neer! Na­dat al­les by Le­ri­ba ver­by was, was T­rish se mo­tor­sleu­tel soek. Ons het dit op die ou end in die hos­pi­taal in F­rik se baad­jie op­ge­spoor.”

Sy sê Du P­reez was ook vol grap­pies en het ge­spot hy kan nie glo dat hy deur “twee bled­die vrou­men­se” ge­red is nie.

“Maar as ek nou te­rug­dink, was dit eint­lik ’n groot voor­reg om te help. Ek het vir die He­re ge­bid om dan­kie te sê dat hy ons op die reg­te tyd op die reg­te plek ge­had het.”

Bes du P­reez, F­rik se vrou, het gis­ter ge­sê hul­le is ont­set­tend dank­baar teen­oor Arm­strong en S­tri­j­dom. “Ons sal vir die res van ons le­we vrien­de bly.”

■ F­rik du P­reez het gis­ter aan Ni­co Gous ge­sê hy voel “baie bak­gat” en kan moont­lik van­dag reeds ont­slaan word.

“Ek het ’n twee­de kans ge­kry en ek is hap­py.” Die dok­ters het ’n stent in Du P­reez se hart­ka­mer in­ge­sit om ’n ver­nou­de aar oop te maak. Hy het in Maart 2016 ’n o­pe­ra­sie on­der­gaan om ’n kwaad­aar­di­ge ge­was uit die on­der­punt van sy dik­derm te ver­wy­der.

“Ek het ver­le­de jaar my eer­ste kans ge­kry. . . en nou hier­die ding. Ek weet nie of daar ’n ge­luk­ki­ger ou is as ek nie.”

T­rish Arm­strong en Ina S­tri­j­dom by F­rik du P­reez toe hul­le hom Sa­ter­dag­aand in die hos­pi­taal be­soek het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.