‘Boer soek ’n vrou’: Die 10 nu­we los­lo­pers

Beeld - - Voorblad - Na­di­ne T­heron

Die tien boe­re wat in 2017 ’n kans gaan kry om lief­de voor die te­le­vi­sie­ka­me­ras te vind, is gis­ter­aand op kykNET be­kend ge­stel.

In die eer­ste e­pi­so­de van Boer soek ’n vrou se tien­de sei­soen het Min­ki van der West­hui­zen, aan­bie­der, deur die land ge­toer om die tien ver­ko­se boe­re op hul pla­se te gaan ont­moet en te hoor wat hul­le in ’n le­wens­maat soek.

Die tien deel­ne­mers is van 23 tot 60 jaar oud en hul­le is van plek­ke soos Jan Kemp­dorp in die Noord-Kaap en S­teyt­ler­vil­le in die Oos-Kaap tot D­waal­boom in Lim­po­po en Ca­ro­li­na in M­pu­ma­lan­ga.

Daar is ook ’n roos tus­sen die do­rings: He­leen van Pie­naars­ri­vier in Lim­po­po.

Se­dert die eer­ste e­pi­so­de van Boer soek ’n vrou in Sep­tem­ber 2008 uit­ge­saai is, het ky­kers el­ke sei­soen vas­ge­na­el voor hul te­le­vi­sie­skerms ge­sit om die lief en leed van by­na 100 boe­re te volg.

Die tien­de reeks van die pro­gram gaan aan­han­gers trak­teer op ’n te­rug­blik na die vo­ri­ge ne­ge sei­soe­ne. In drie e­pi­so­des van die reeks sal ky­kers die kans kry om te sien waar – en saam met wie – van die pro­gram se vo­ri­ge deel­ne­mers nou is.

Moe­di­ge vroue en mans het tot mid­der­nag 26 Mei om in te skryf vir die boer wat hul aan­dag ge­trek het.

Vir meer in­lig­ting en hoe om in te skryf, be­soek bit.ly/boer­soek­vrou.

A­dri­aan (27) boer in ’n ge­meng­de boer­de­ry in Ri­vers­dal in die WesKaap.

Ja­c­ques (27) is ’n skaap­boer wat ook be­trok­ke is by ’n ver­voer­saak in die Noord­Kaap.

S­tof­fel (30) boer in ’n ge­meng­de boer­de­ry in Kop­pies in die Vry­staat.

Ru­an (27) boer in ’n ge­meng­de boer­de­ry in Jan Kemp­dorp in die Noord­Kaap.

He­leen (53) is ’n wild­ en bees­boer van Pie­naars­ri­vier in Lim­po­po.

Jo­han (60) is ’n bees­boer van Ca­ro­li­na in M­pu­ma­lan­ga.

S­te­phen (24) is ’n wild­boer van S­teyt­ler­vil­le in die Oos­Kaap.

Braam (32) is ’n groen­te­boer van Oos­Lon­den in die Oos­Kaap.

E­ben (29) is ’n wild­boer van D­waal­boom in Lim­po­po.

Carl (31) is ’n skaap­ en bees­boer van Car­nar­von in die Noord­Kaap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.