S­pea­ker se ‘boe­we’ kry ek­stra toe­lae

Beeld - - Nuus - P­hil­da Es­sop

Ba­le­ka M­be­te, s­pea­ker van die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring (NV), be­taal haar “pro­fes­si­o­ne­le boe­we” om LP’s uit die raad­saal te ver­wy­der en om dit as “ge­vaar­li­ke werk” te doen, het die EFF gis­ter ge­sê.

Dit kom na­dat die par­le­ment be­ves­tig het dat die par­le­men­tê­re uit­smy­ters, be­kend as die Wit­hem­de, nog ’n maan­de­lik­se toe­laag van R400 vir “ge­vaar­li­ke werk­toe­stan­de” gaan ont­vang.

M­buyi­se­ni Nd­lo­zi, EFF-woord­voer­der, het dié be­sluit in ’n ver­kla­ring ver­oor­deel en ge­sê die par­ty is ge­kant teen die i­dee dat ’n een­heid be­staan wie se werk dit is om LP’s te ver­wy­der, aan­ge­sien LP’s in­ge­vol­ge die Grond­wet vry­heid van spraak in die NV en die ko­mi­tees het en nie on­der­he­wig is aan si­vie­le of straf­reg­te­li­ke ver­vol­ging vir e­nig­iets wat hul­le in die NV of die ko­mi­tees ge­sê het nie.

“Deur men­se te be­taal om LP’s te ver­wy­der oor goed wat hul­le ge­sê het en dit ‘ge­vaar­li­ke werk’ te noem, word le­gi­tie­me gron­de vir vrees ge­skep en dus kan spraak nie meer in die par­le­ment as vry be­skou word nie.

“M­be­te is be­reid om be­las­ting­be­ta­lers se geld te vat en die Wit­hem­de te pam­per­lang om LP’s aan te rand. Dit be­wys nog­maals dat die par­le­ment be­reid is om al­les te doen, in­slui­tend ver­goe­ding vir ge­weld, om spraak te on­der­druk om­dat hul­le nie die waar­heid wil hê nie.

“M­be­te het die si­tu­a­sie ge­skep waar daar meer spraak­vry­heid bui­te die par­le­ment soos op tax­istaan­plek­ke as in die par­le­ment is,” lui Nd­lo­zi se ver­kla­ring.

In­tus­sen het die vak­bond Ne­ha­wu, wat par­le­men­tê­re wer­kers ver­teen­woor­dig, ge­sê ’n toe­laag vir “ge­vaar­li­ke werk­om­stan­dig­he­de” kan nie net aan ’n uit­ge­soek­te groep “spe­si­a­le werk­ne­mers” be­taal word ter­wyl an­der kwa­li­fi­se­ren­de par­le­men­tê­re per­so­neel­le­de oor die hoof ge­sien word nie.

“Ons is nie in be­gin­sel ge­kant teen die be­ta­ling van ’n toe­laag vir ge­vaar­li­ke werk­toe­stan­de nie, maar ons glo dat al­le werk­ne­mers wat daar­voor kwa­li­fi­seer, dit moet ont­vang,” het St­hem­bi­so Tem­be, Ne­ha­wu-woord­voer­der by die par­le­ment, gis­ter ge­sê.

Vol­gens hom ont­vang die be­staan­de amp­te­na­re van die par­le­men­tê­re be­sker­mings­diens nie so ’n toe­laag nie.

Boon­op is die Wit­hem­de se jaar­lik­se sa­la­ris­se tot R150 000 meer as dié van be­staan­de be­sker­mings­per­so­neel­le­de.

Die vak­bond het die voor­stel vir so ’n toe­laag in A­pril as deel van hul sa­la­ri­s­on­der­han­de­lin­ge aan die par­le­ment voor­ge­stel, “maar nou het hul­le be­sluit om dit slegs aan wer­kers in ’n se­ke­re ka­te­go­rie” te be­taal.

“Ons kan nie toe­laat dat die par­le­ment die wer­kers ver­deel nie. ’n Uit­ge­soek­te groep kan nie as spe­si­a­le werk­ne­mers be­han­del word ter­wyl die res niks kry nie. Ons gaan die kwes­sie met die be­stuur op­neem. As ons die kwes­sie nie kan op­los nie, sal ons die Kom­mis­sie vir Ver­soe­ning, Be­mid­de­ling en Ar­bi­tra­sie of die ar­beids­hof daar­oor na­der,” het Tem­be ge­sê.

Ne­ha­wu is tans in ’n hof­stryd met die par­le­ment ge­wik­kel om­dat die Wit­hem­de se ver­goe­ding meer is as dié van die be­staan­de amp­te­na­re van die par­le­ment se be­sker­mings­diens­te.

Ci­ty P­ress het gis­ter be­rig dié toe­laag is ge­lyk­staan­de aan wat die po­li­sie – hul vo­ri­ge werk­ge­wers – be­taal.

Die par­le­ment het in Fe­bru­a­rie, na­dat die Wit­hem­de EFF-LP’s hard­han­dig uit die NV ver­wy­der het kort voor­dat pres. Ja­cob Zu­ma met sy staats­re­de be­gin het, ge­sê agt van dié be­amp­tes is be­seer ter­wyl hul­le die LP’s uit die raad­saal be­ge­lei het.

Hul­le het me­die­se sorg en be­ra­ding ont­vang na­dat hul­le “met plas­tiek­hoe­de, bak­ste­ne en die vuis ge­slaan” is.

Mo­lo­to Mot­ha­po, par­le­men­tê­re woord­voer­der, het be­ves­tig dat die toe­laag be­taal sal word.

“Ons kan nie met Ne­ha­wu praat deur mid­del van die me­dia nie, daar is pro­ses­se waar­vol­gens die vak­bond en die be­stuur met me­kaar in ge­sprek tree,” het hy ge­sê.

Die Wit­hem­de ver­wy­der ’n EFF­lid op 10 Fe­bru­a­rie ty­dens pres. Ja­cob Zu­ma se staats­re­de uit die par­le­ment. Foto: LULAMA ZENZILE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.