Ge­stamp en stoot oor lei­er­skap ag­ter ANC­skerms

Beeld - - Nuus - P­hil­da Es­sop – News24

Ver­skeie ANC-lei­ers is druk be­sig om hul­le ag­ter die skerms te po­si­si­o­neer in die par­ty se stryd om ’n nu­we lei­ers­korps wat in De­sem­ber ge­kies word.

G­we­de Man­tas­he, ANC-hoof­se­kre­ta­ris, is glo deur dr. N­ko­sa­za­na Dla­mi­ni-Zu­ma se on­der­steu­ners ge­na­der om hom vir die amp van ad­junk­pre­si­dent in haar groe­pe­ring be­skik­baar te stel.

Blyk­baar wil adj.pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa se on­der­steu­ners hê hy moet uit die ka­bi­net be­dank as pres. Ja­cob Zu­ma hom nie as sy op­vol­ger steun nie. Die on­der­steu­ners van oud­pres. K­ga­le­ma Mot­lant­he het hom aan­ge­moe­dig om ook tot die stryd toe te tree.

Ci­ty P­ress het gis­ter be­rig Man­tas­he is glo deur pro­vin­si­a­le ANC­lei­ers, on­der wie Ace Ma­gas­hu­le, Vry­staat­se p­re­mier, en Sihle Zi­ka­la­la, ANC-voor­sit­ter in K­waZu­lu-Na­tal, ge­na­der om hom by Dla­mi­ni-Zu­ma se groe­pe­ring aan te sluit. Vol­gens die koe­rant het Man­tas­he die aan­bod van die hand ge­wys, ter­wyl ’n an­der bron ge­sê het hy het aan­vank­lik die groen lig daar­voor ge­gee. Man­tas­he was nie gis­ter vir kom­men­taar be­skik­baar nie.

Die Ra­map­ho­sa-on­der­steu­ners wil lui­dens ’n be­rig in Sun­day Ti­mes hê hy moet uit die ka­bi­net be­dank as Zu­ma hom nie as sy op­vol­ger on­der­steun nie. Zu­ma het vroe­ër aan­ge­dui dat daar geen be­leid of tra­di­sie in die ANC is dat die par­ty se ad­junk­pre­si­dent ou­to­ma­ties tot lei­er ver­kies sal word nie.

Die­self­de koe­rant het ook be­rig dat Mot­lant­he deur ’n groep ge­na­der is om hom vir die ANC-lei­ers­korps be­skik­baar te stel. Mot­lant­he het eg­ter vroe­ër reeds aan­ge­dui dat hy nie vir dié amp te vin­de is nie.

Prof. An­dré Du­ven­ha­ge, po­li­tie­ke ont­le­der aan die Noord­wes-U­ni­ver­si­teit, het by na­vraag ge­sê die ANC se lei­er­stryd is “soos ’n per­de­wed­ren wat be­gin met ’n stamp hier en ’n stamp daar”. Hy glo eg­ter die hoof­stryd gaan uit­ein­de­lik tus­sen Dla­mi­ni-Zu­ma en Ra­map­ho­sa wees.

Oor die be­rig­te oor ’n vry­e­ry na Man­tas­he het Du­ven­ha­ge ge­sê die hoof­se­kre­ta­ris is baie in­vloed­ryk en dat hy die uit­slag van die stryd kan be­paal.

Dla­mi­ni-Zu­ma se kamp sit met die pro­bleem dat hul­le nie ge­loof­waar­di­ge lei­ers het nie. “Sy word on­der­steun deur Ma­gas­hu­le, Da­vid Ma­bu­za, p­re­mier van M­pu­ma­lan­ga, en Su­pra Ma­hu­ma­pe­lo, p­re­mier van Noord­wes, maar ek ver­staan daar is ook kon­flik tus­sen hul­le.”

Ra­map­ho­sa be­gin vol­gens hom sy kan­di­da­tuur sterk teen dié van Dla­mi­ni-Zu­ma ves­tig. “Hy bou mo­men­tum op.”

Du­ven­ha­ge glo Mot­lant­he, wie se kan­di­da­tuur “ten­ta­tief” is, kan nie ge­ïg­no­reer word nie om­dat hy be­slis ’n im­pak op die pro­ses kan hê. As hy na vo­re gaan tree, kan hy kom­pe­ti­sie vir Ra­map­ho­sa wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.