Ra­map­ho­sa vra dié kie­sers om ver­sko­ning

Beeld - - Nuus -

Adj.pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa het die kie­sers wat 2016 se mu­ni­si­pa­le ver­kie­sing ge­boi­kot het om die ANC ’n les te leer om ver­sko­ning ge­vra.

“Men­se het in 2016 van die stem­bus­se weg­ge­bly om­dat die ANC (na hul­le) moes luis­ter. Ons moet luis­ter na wat ons men­se sê. Want as ons nié luis­ter nie, sal ons ver­loor.”

Ra­map­ho­sa het ANC-le­de en -lei­ers Vry­dag­aand in I­vo­ry Park, Mid­rand, toe­ge­spreek. Hy was die spre­ker by die be­kend­stel­ling van die ANC se pro­jek O.R. Tam­bo, wat Vry­dae deur die par­ty se tak­ke in die Mid­rand ge­hou word.

Die mi­nis­ter van ba­sie­se on­der­wys, An­gie Mots­hek­ga, en haar man, dr. Mat­ho­le Mots­hek­ga, as­ook eerw. Frank C­hi­ka­ne was in die ge­hoor.

“In 2016 het hul­le weg­ge­bly en nie vir ons ge­stem nie. Hul­le het ge­sê hul­le sal ons ’n les leer, want ‘ons sien jul­le tree kor­rup op, ver­mors hulp­bron­ne, steel geld’ en hul­le het ge­sê hul­le gaan ons straf, en hul­le het ons in­der­daad ge­straf,” het Ra­map­ho­sa ge­sê.

“Ons moet dit om­keer. Ons het jul­le ge­hoor en ons wil nie hê ons men­se moet ons ver­der straf nie. Daar­om moet ons die ANC van (Nel­son) Man­de­la, O­li­ver Tam­bo en Al­ber­ti­na Si­su­lu te­rug­vat. Ons wil dit te­rug­hê en ons wil dit nóu te­rug­hê.

“Dit was ’n ANC met in­te­gri­teit en groot re­spek. Wan­neer ons daar­die ANC het, sal ons in staat wees om die land te ver­an­der. Ons sal in staat wees om ar­moe­de, werk­loos­heid en on­ge­lyk­heid te ver­min­der.”

Ra­map­ho­sa sê die ANC be­staan nie om e­nig­ie­mand te ver­ryk of “snaak­se goed” te doen nie. “Dit be­staan om ons men­se se le­we te ver­be­ter.

“Die ANC wil din­ge op ’n ra­di­ka­le ma­nier sien en doen. Nou­dat ons fon­da­sie ge­bou is en die plat­form ste­wig is, wil ons selfs ra­di­ka­ler wees en die so­si­aal-e­ko­no­mie­se land­skap van ons land ver­an­der. Die re­de waar­om ons dit wil doen, is om­dat baie van ons men­se nog arm is.

“Dít is die ANC se werk. Daar is nie­mand an­ders wat die pro­bleem kan op­los as die ANC nie. Al­mal wat (daar­oor) praat, leef in ’n droom­wê­reld,” het hy in Zoe­loe ge­sê.

“Geen an­der be­we­ging as die ANC sal Suid-A­fri­ka kan om­skep in die land van ons dro­me nie.”

Hy sê tak­ke soos dié van Mid­rand ver­sin­ne­beeld die le­wens­krag wat men­se se le­we ver­an­der.

“Dit gaan daar­oor dat die ANC sy lei­ers­rol in die sa­me­le­wing her­win.”

Hy sê die par­ty het dié rol op na­si­o­na­le vlak ver­loor.

“Dit is waar­om men­se soos eerw. C­hi­ka­ne op­ge­staan het, om­dat hul­le be­sorg was oor die ANC se sta­tus. Hul­le is nie van lot­jie ge­tik nie, hul kop­pe is reg aan­ge­skroef.

“Hul­le het op­ge­staan uit die­pe lief­de vir die ANC. Hul­le word deur lief­de ge­dryf, nie deur haat nie.”

Hy sê die­ge­ne wat uit ge­lid ge­tree en die par­ty tot or­de roep, doen dit om­dat hul­le be­kom­merd is dat die ANC sy rol in die sa­me­le­wing blyk te ver­loor.

“Ons moet daar­die rol te­rug­neem om weer lei­ers in die sa­me­le­wing te wees.”

Cy­ril Ra­map­ho­sa

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.