Mo­si­u­oa Le­ko­ta tree in bres vir FW de K­lerk

Beeld - - Nuus - – Sa­rel van der Walt

Mo­si­u­oa Le­ko­ta, Co­pe-lei­er, het in die bres ge­tree vir oud­pres. FW de K­lerk.

Dit was na­dat die voor­ma­li­ge pre­si­dent Vry­dag­mid­dag in Jo­han­nes­burg die tei­ken was van EFF-le­de by ’n be­raad van die di­a­loog­i­ni­si­a­tief van ver­skeie stig­tings.

Die EFF-le­de het dié be­raad ont­wrig om­dat hul­le ge­kant is teen De K­lerk se be­trok­ken­heid. Die be­raad het vroe­ër as be­plan ge­ein­dig.

Le­ko­ta het Sa­ter­dag op So­li­da­ri­teit en A­friForum se vei­lig­heids­be­raad in P­re­to­ria ge­sê hy het aan die EFF-le­de wat vroe­ër die og­gend saam met hom in ’n vlieg­tuig van Kaap­stad af was, ge­sê “ons kan nie toe­laat dat ie­mand wat so ’n groot rol in die ge­skie­de­nis ge­speel het só ver­ne­der word nie”.

Die voor­ma­li­ge ANC-ka­bi­nets­lid en p­re­mier van die Vry­staat het sy toe­spraak in A­fri­kaans ge­le­wer.

“FW de K­lerk was een van die eer­ste hel­de van die nu­we Suid-A­fri­ka.

“Baie men­se sal waar­skyn­lik eers la­ter be­sef wat­ter groot rol hy in die land se ge­skie­de­nis ge­speel het.

“Ek het vir hul­le (die EFF-le­de in die vlieg­tuig) ge­sê: ‘Boe­ties, jul­le weet nie waar­mee jul­le speel nie. As dit nie vir hom (De K­lerk) was nie, was ons nie hier nie. Jul­le praat van oor­log, maar jul­le weet nie waar­van jul­le praat nie, want jul­le weet nie wat dit is nie. Hy (De K­lerk) het baie men­se se le­we ge­red.’ ”

De K­lerk en oud­press. T­ha­bo M­be­ki en K­ga­le­ma Mot­lant­he was nie meer daar toe die be­raad Vry­dag ont­wrig is nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.