Ná 50 jaar in­spi­reer vlieg­span steeds

Beeld - - Nuus - Ni­co Gous

Die Sil­wer Val­ke, die Suid-A­fri­kaan­se Lug­mag se kuns­vlieg­span wat van­jaar 50 jaar oud word, gaan nie net om roem, eer, ba­bas soen en be­won­de­ren­de ska­res nie.

Maj. Mark Gent­les, span­lei­er, sê die Sil­wer Val­ke en die lug­mag se vlieg­op­lei­ding is “glad nie soos Top Gun nie”.

“Om ’n Sil­wer Valk te wees is nie om op die lug­skou te kan vlieg nie. Dit is om die druk te kan han­teer en dit dag ná dag ná dag te kan doen.

“Dit is on­ge­loof­lik har­de werk. Dis lang, lang dae en ure,” het Gent­les Sa­ter­dag op die Lug­mag­mu­seum se lug­skou op die Swart­kop-lug­mag­ba­sis in Cen­tu­ri­on ge­sê.

Die vyf le­de van die hui­di­ge span is al­mal ma­joors en heel­tyd­se vlie­gin­struk­teurs by die Lan­ge­baan­weg-lug­mag­ba­sis in die Wes-Kaap.

Hul­le is die 80ste vlieg­span. El­ke keer wan­neer die sa­me­stel­ling van die span ver­an­der, kry die span ’n nu­we nom­mer.

Die amp­te­li­ke 50ste ver­jaar­dag is op 22 No­vem­ber.

Die span is op dié dag in 1967 ge­stig en hul eer­ste lug­skou was net twee dae la­ter – op 24 No­vem­ber by die At­las-vlieg­tuig­kor­po­ra­sie in Ger­mis­ton. Vier Aer­mac­chi MB-326 Im­pa­la Mk I-vlieg­tuie het on­der lei­ding van die stig­ters­lid kol. Chris Prins ge­vlieg. Prins is in Ja­nu­a­rie 2014 aan kan­ker oor­le­de.

Die span het aan­vank­lik uit vier vlie­ë­niers be­staan voor­dat hul­le in Maart 1988 ’n vyf­de lid by­ge­kry het om in­di­vi­du­e­le toer­tjies in sa­me­wer­king met die res van die span te doen.

Hul­le ge­bruik die S­wit­ser­se Pi­la­tus PC-7 MkII-vlieg­tuie wat die lug­mag ge­bruik vir die op­lei­ding van vlie­ë­niers.

“Die e­nig­ste ver­skil is ons s’n het fên­sie verf­werk en ’n rook­stel­sel,” sê Gent­les.

“Ons bring lug­vaart na die men­se. Men­se van oor die he­le

land het hier­heen ge­kom. Ons pro­beer die jeug in­spi­reer om by die lug­mag aan te sluit.

“Wan­neer ’n vier­ja­ri­ge na jou toe hard­loop en hy wil hê jy moet iets vir hom te­ken en

jy moet toi­let toe gaan, dan stop jy en te­ken, want ons was al­mal daar en dis hoe­kom ons aan­ge­sluit het.”

Gent­les sê hy en die span raak steeds se­nu­wee­ag­tig voor el­ke skou.

“Dis nie ’n mak­li­ke ding nie, maar die oom­blik dat jy met die eer­ste lus be­gin, dan is dit be­ter.”

Gent­les sê voor el­ke ver­to­ning sit die span een­kant – in ’n stil ka­mer, weg van die toe­skou­ers – en gaan weer deur wat in die lug gaan ge­beur.

Die ska­re van dui­sen­de het Sa­ter­dag a­sem op­ge­hou toe die span die so­ge­naam­de Card 4 Cross ge­doen het – waar vier vlieg­tuie in ’n vier­kant in een rig­ting vlieg en die vyf­de lid van die teen­oor­ge­stel­de rig­ting deur die mid­del vlieg.

Dui­sen­de men­se was Sa­ter­dag op die lug­skou, waar on­der meer die Saab JAS39 G­ri­pen, die C­hee­tah en die Im­pa­la toe­skou­ers se nek­ke laat draai het.

Die Sil­wer Val­ke op Sa­ter­dag se lug­skou in hul Pi­la­tus PC­7 MkII’s. Foto’s: LI­SA HNATOWICZ

Dui­sen­de toe­skou­ers was Sa­ter­dag op die Swart­kop­lug­mag­ba­sis.

’n Ex­tra 330 ge­vlieg deur Ni­gel Hop­kins.

Die Saab JAS39 G­ri­pen ge­vlieg deur Blok­kies Jou­bert.

Groot dro­me be­gin klein.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.