Co­li­gny: P­re­mier vaar uit op diens

‘Hof moet net kyk hóé 16­ja­ri­ge dood is’

Beeld - - Nuus -

Die 16-ja­ri­ge van Co­li­gny wat gis­ter be­gra­we is, is “deur wit men­se se toe­doen” dood, het Su­pra Ma­hu­ma­pe­lo, p­re­mier van Noord­wes, gis­ter ge­sê.

Mat­l­ho­mo­la Jo­nas Mos­weu is in die in­for­me­le ne­der­set­ting S­cot­land in Co­li­gny ter rus­te ge­lê.

Ma­hu­ma­pe­lo en Sel­lo Le­ha­ri, LUR vir on­der­wys, het die be­graf­nis saam met vrien­de, fa­mi­lie­le­de en hoog­ge­plaas­tes by­ge­woon.

P­hil­lip S­chut­te (34) en Pie­ter Doore­waard (26) staan te­reg op aan­klag van moord op Mat­l­ho­mo­la, wat op 20 A­pril dood is.

“Wat die hof moet han­teer, is hoe hul­le hom dood­ge­maak het – nie óf dit hul­le is wat hom dood­ge­maak het nie.

“Die hof moet net die ‘hoe’-ge­deel­te han­teer,” het Ma­hu­ma­pe­lo ge­sê.

Hy het ge­sê Co­li­gny is nie die e­nig­ste ras­sis­tie­se dorp in die pro­vin­sie nie en ras­sis­me in die pro­vin­sie ma­ni­fes­teer hom deur on­der­wys.

“Swart men­se word uit­ge­sluit op grond van taal . . . ons jong men­se kan nie toe­gang tot on­der­wys kry nie, want wit men­se ge­bruik A­fri­kaans.”

Ná Mat­l­ho­mo­la se dood is twee pe­ti­sies deur le­de van die ge­meen­skap op­ge­stel: Die een on­der­te­ken deur nét wit men­se en die an­der deur nét swart men­se, be­rig Rap­port.

Die wit men­se vra dat S­chut­te en Doore­waard op borg­tog vry­ge­laat word.

Die swart in­wo­ners vra dat land­dros Ma­ga­o­la Fo­so hul aan­soek om borg­tog wei­er.

Ma­hu­ma­pe­lo het ge­sê: “Wit men­se kom by­me­kaar en te­ken ’n pe­ti­sie. Hul­le te­ken dit as wit A­fri­ka­ners. Hul­le sê nie: ‘Haai, pro­vin­sie, ons het se­ke­re uit­da­gings hier, kan ons by­me­kaar kom as wit, In­di­ër- en bruin men­se om die pro­bleem van ras­sis­me te kon­fron­teer” nie. “So, eks­klu­sief as wit men­se, te­ken hul­le ’n pe­ti­sie aan die hof – dit is ras­sis­me.”

Hy het ge­sê as ge­reg­tig­heid nie ge­skied nie, sal die ge­meen­skap nie te­vre­de wees nie. Dié on­te­vre­den­heid sal op ver­skil­len­de ma­nie­re ma­ni­fes­teer.

Van die naas­be­staan­des kon nie hul tra­ne keer toe Mat­l­ho­mo­la se kis by sy huis weg­ge­dra is nie. ’n Naas­be­staan­de wat a­no­niem wou bly, sê die fa­mi­lie stei­er nog ná sy dood.

“Ons is mag­te­loos.”

■ S­chut­te en Doore­waard be­weer hul­le het Mat­l­ho­mo­la ge­vang na­dat hul­le hom en nog ’n seun in hul werk­ge­wer se son­ne­blom­land ge­sien het.

Die an­der seun het glo weg­ge­hard­loop.

Hul­le be­weer die seun het van hul be­we­gen­de bak­kie af­ge­spring, maar vol­gens die staat het hy ’n ge­tuie wat be­weer die be­skul­dig­des het die oor­le­de­ne ont­voer, met ’n vuur­wa­pen ge­dreig en van die bak­kie af­ge­gooi.

S­chut­te en Doore­waard sal na ver­wag­ting van­dag in die land­dros­hof in Co­li­gny hoor of hul­le op borg­tog vry­ge­laat gaan word. – News24

Mat­l­ho­mo­la Mos­weu Foto: ENCA

Comments

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.