Vrou veg om le­we ná haar man glo dink sy’s boef en skiet

Beeld - - Nuus -

’n Vrou wat die na­week deur haar man in die buik ge­skiet is toe hy haar glo in die don­ker vir ’n in­bre­ker aan­ge­sien het, is sta­biel, maar nog nie bui­te ge­vaar nie.

Try­sie Co­le­man (58) is Vry­dag in die vroeë og­gend­u­re deur haar man, dr. Jes­sie Co­le­man (69), op die eg­paar se plaas tus­sen Del­mas en Bronk­horst­spruit ge­skiet en per he­li­kop­ter na die Mil­park-hos­pi­taal in Jo­han­nes­burg ge­bring waar sy steeds om haar le­we veg.

Sy moes Vry­dag ge­o­pe­reer word om ska­de aan haar buik en derms te her­stel.

“Try­sie is ná die o­pe­ra­sie uit die te­a­ter ont­slaan, maar is nog in die waak­een­heid en steeds aan ’n ven­ti­la­tor ge­kop­pel,” het haar sus­ter, Lu­cia Tait, gis­ter­mid­dag ge­sê.

“Sy is op die oom­blik sta­biel, maar dit is vir ons al­mal ’n baie moei­li­ke si­tu­a­sie en ons weet nog nie werk­lik wat om te dink nie.”

Vol­gens Tait was Try­sie se he­le fa­mi­lie “van haar kant af” en haar twee dog­ters Son­dag by die hos­pi­taal en het hul­le al­mal ge­span­ne ge­wag ter­wyl Try­sie ge­o­pe­reer is.

Sy het se­dert­dien ook ’n o­pe­ra­sie on­der­gaan om haar heup­been te her­stel.

“Die dok­ters het gis­ter weer aan haar buik ge­werk en dit lyk my daar is baie ska­de. Ons kan net een op ’n slag by haar in­gaan, so ons moet maar al­mal ons beurt af­wag en het nog nie veel in­lig­ting oor wat vol­gen­de kom nie,” het Tait ge­sê.

Vol­gens haar is Try­sie met ’n .45-ka­li­ber-pis­tool ge­skiet en het die koe­ël “re­de­lik in­ten­sie­we

ska­de” aan­ge­rig. “Al wat ons as fa­mi­lie vra, is net om ant­woor­de te kry, on­ge­ag wat ge­beur het,” het Tait ge­sê.

Die Co­le­mans is vol­gens Tait baie on­ge­luk­kig ge­troud en Try­sie wou skei.

Sy het vol­gens Rap­port haar 81-ja­ri­ge pa, Wil­lie Hat­tingh, Don­der­dag­aand ge­bel toe die op­roep skie­lik be­ëin­dig is. Hy het haar daar­na te­rug­ge­ska­kel. Sy was in tra­ne en het ge­sê sy ver­lang na hom voor­dat die foon weer dood­ge­druk is.

Try­sie se man het gis­ter sy sel­foon neer­ge­sit en nie op ver­de­re na­vrae ge­re­a­geer nie, in­slui­tend of hy haar gis­ter in die hos­pi­taal be­soek het.

Rap­port be­rig hy het vir die po­li­sie ge­sê die huis se a­larm het vroe­ër die og­gend twee keer af­ge­gaan.

Die twee­de keer het hy sy vuur­wa­pen uit die kas ge­haal en sit­ka­mer toe ge­stap son­der om eers te kyk of sy vrou in die bed is.

Hul­le het glo ge­lyk­ty­dig ’n deur tus­sen die sit­ka­mer en die slaap­ka­mer oop­ge­maak, waar­na hy haar raak ge­skiet het.

Hy het daar­na glo sy dog­ter en skoon­seun, al­bei pa­ra­me­di­ci, ge­bel. Hul­le het van Rand­burg af na die huis ge­ry, maar die nood­diens glo eers ná hul aan­koms ge­kon­tak.

Kapt. Car­la He­art­ley, po­li­sie­woord­voer­der in Del­mas, het gis­ter ge­sê die po­li­sie on­der­soek ’n saak van po­ging tot moord, maar be­plan nie in dié sta­di­um om e­nig­ie­mand te ar­res­teer nie.

“Ek en die tak­be­stuur­der van die speur­tak was op die to­neel, maar die on­der­soek duur nog voort en moet eers ge­fi­na­li­seer word voor­dat ons die se­ni­or staats­aan­kla­er hier­oor kan na­der. Ons kon ook nog nie Try­sie se weer­ga­we van ge­beu­re kry nie,” het He­art­ley ge­sê.

Try­sie Co­le­man

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.