Vu­wa­ni: Ge­meen­skap wil van Zu­ma hoor

Beeld - - Nuus - Eu­ge­ne Gun­ning

Ge­moe­de­re was gis­ter gaan­de om­dat pres. Ja­cob Zu­ma nie ’n ver­ga­de­ring toe­ge­spreek het oor die voort­sle­pen­de on­min oor mu­ni­si­pa­le gren­se in Vu­wa­ni, Lim­po­po, nie.

So­wat 70 000 men­se, hoof­saak­lik Ven­das­pre­kend, woon in die Vu­wa­ni-ge­bied. Die ge­bied was voor­heen deel van die Mak­ha­do-mu­ni­si­pa­li­teit in Lou­is T­ri­chardt. Dit is in­tus­sen her­af­ge­ba­ken en is nou deel van ’n nu­we mu­ni­si­pa­le ge­bied wat voor­lo­pig LIM345 ge­noem word.

Van die in­wo­ners is on­ge­luk­kig oor die her­af­ba­ke­ning.

Zu­ma het wel vroe­ër die dag met ko­ning To­ni Mp­hep­hu Ra­ma­bu­la­na van die Ven­das en ook on­der an­de­re kerk-, tra­di­si­o­ne­le, sa­ke- en jeug­lei­ers ver­ga­der.

’n Voor­stel van die ko­ning is aan­vaar dat die V­hem­be-dis­triks­mu­ni­si­pa­li­teit diens­te aan al die men­se van Vu­wa­ni sal ver­skaf. In­tus­sen sal aan­hou pro­beer word om ’n op­los­sing vir die af­ba­ke­nings­kwes­sie te vind.

Zu­ma, die ko­ning en die an­der hoog­ge­plaas­tes teen­woor­dig het ’n be­roep op al­mal in Vu­wa­ni ge­doen om saam te werk so­dat din­ge in die ge­bied nor­maal kan word.

Daar is be­sluit dat die be­trok­ke na­si­o­na­le en pro­vin­si­a­le de­par­te­men­te sal voort­gaan om hulp aan die dis­triks­mu­ni­si­pa­li­teit te ver­skaf so­dat hy sy man­daat kan uit­voer.

’n Be­roep is op leer­lin­ge en on­der­wy­sers in die ge­bied ge­doen om te­rug te keer skool toe.

Lui­dens gis­ter se ver­kla­ring van Zu­ma se kan­toor het hy die ver­ga­de­ring nie gis­ter toe­ge­spreek nie om­dat die si­tu­a­sie in die loop van die dag in o­ën­skou ge­neem is en daar tot die ge­volg­trek­king ge­kom is dat die ver­ga­de­ring nie ver­teen­woor­di­gend van die ge­meen­skap was nie.

In se­ke­re krin­ge is eg­ter la­ter ge­sê hy het die ver­ga­de­ring as ge­volg van vei­lig­heids­oor­we­gings nie toe­ge­spreek nie.

Van die men­se het al van 10:00 ge­wag en is blyk­baar eers 15:00 in­ge­lig dat Zu­ma nie meer gaan praat nie

Des van Rooy­en, mi­nis­ter van sa­me­wer­ken­de re­ge­ring en tra­di­si­o­ne­le sa­ke, is uit­ge­jou toe hy die ver­ga­de­ring na­mens Zu­ma pro­beer toe­spreek het. Aan­we­si­ges het ge­skreeu: “Zu­ma, Zu­ma!”

Span­ning het al vroe­ër die dag be­gin op­bou ter­wyl in­wo­ners op Zu­ma ge­wag het.

’n SAUK-voer­tuig is on­der meer on­der die klip­pe ge­steek en be­ska­dig.

Zu­ma se be­soek aan die ge­bied kom na­dat hy ver­le­de week met die ko­ning ver­ga­der het. Hy het toe on­der­neem om la­ter na die ge­bied te kom en die ge­meen­skap toe te spreek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.