Ver­niel­de leeus nou vei­lig ‘tuis’

Beeld - - Nuus - Ma­ris­ka S­poor­ma­ker

Die don­ker wol­ke het ge­ram­mel toe Nel­son, eens ’n erg mis­han­del­de leeu van ’n pri­va­te die­re­tuin in Eu­ro­pa, sy eie stuk­kie veld in die Oos-Kaap­se S­ham­wa­ri-na­tuur­re­ser­vaat kon be­tree.

Kort na­dat hy sy eer­ste treë ge­gee het, het die re­ën sag­gies be­gin uit­sak.

In 2015 is dié groot kat deur le­de van die in­ter­na­si­o­na­le Born F­ree-stig­ting ge­red na­dat ’n hag­li­ke die­re­tuin in Frank­ryk ge­li­kwi­deer en die ei­e­naar van on­wet­ti­ge wild­han­del aan­ge­kla is.

“Nel­son was erg oor­ge­wig om­dat al die die­re wat dood­ge­gaan het in die die­re­tuin aan hom ge­voer is,” sê Sil Jan­sen, voor­sit­ter van die Na­tuur Cen­trum in Bel­gië, waar die leeu ge­re­ha­bi­li­teer is voor sy koms na Suid-A­fri­ka.

Nel­son, ’n 17 jaar oue maan­haar, is een van twee ver­niel­de leeus uit Eu­ro­pa wat eer­gis­ter ’n fi­na­le vei­li­ge ha­we in die S­ham­wa­ri-na­tuur­re­ser­vaat na­by Gra­ham­stad ge­kry het.

’n Groot deel van dié ge­wil­de re­ser­vaat, be­kend as die Born F­ree-re­ha­bi­li­ta­sie­sen­trum, is in ruim om­hein­de kam­pe ver­deel so­dat el­ke ver­niel­de leeu of lui­perd wat daar­heen ge­bring word, ’n vei­li­ger en kon­flik­vrye le­we vo­ren­toe kan ge­niet. Al die die­re word ge­ste­ri­li­seer, sê dr. Jo­hann Jou­bert, wild­le­we­di­rek­teur van die S­ham­wa­ri-groep.

Mak­lik ’n uur voor Nel­son se los­la­ting het die tra­ne van aan­doe­ning ge­loop toe Ci­am sy po­te hoog op­ge­tel het na­dat hy in sy eie kamp vry­ge­laat is.

Vir die eer­ste keer in sy le­we het dié 2½-ja­ri­ge leeu gras on­der sy voe­te ge­voel.

Voor dit het sir­kus­ba­se hom as wel­pie ver­koop waar­na hy on­wet­tig as “ek­so­tie­se troe­tel­dier” in die sui­de van Frank­ryk in ’n hok in ’n ag­ter­plaas aan­ge­hou is. Sy baas het vol­gens Jan­sen na­ge­noeg €14 000 vir hom be­taal.

“Kom Ci­am, kom!” het Jan­sen vroe­ër langs die hei­ning ge­roep en dan ’n ent­jie aan­ge­stap om die leeu aan te moe­dig

om sy eie stuk­kie veld ver­der te ver­ken. Met sy oë blink van die tra­ne het Jan­sen ge­sê die af­skeid is al­tyd moei­lik, maar tog ook ’n oom­blik van vreug­de, “want vir dié ar­me die­re wat net tra­lies en hok­ke ge­ken het, kan niks be­ters wees nie as S­ham­wa­ri se Born F­ree-sen­trum. Dit be­te­ken ook dat hul­le vir ’n vol­gen­de ver­niel­de groot kat plek maak vir re­ha­bi­li­ta­sie en vry­la­ting.”

Dit word die Born F­ree-sen­trum ge­noem om­dat die S­ham­wa­ri-groep ’n sa­me­wer­kings­oor­een­koms met die in­ter­na­si­o­na­le Born F­ree-stig­ting het.

Dié stig­ting red wê­reld­wyd on­der meer groot kat­te, go­ril­las, dol­fy­ne, wol­we en be­re uit hag­li­ke om­stan­dig­he­de, of uit kon­flik­si­tu­a­sies met men­se, en plaas hul­le dan oor na vei­li­ge ha­wes soos dié by S­ham­wa­ri.

Soort­ge­ly­ke vei­li­ge ha­wes is on­der meer ook in In­dië, Ke­nia en E­thi­o­pië.

Sul­ke red­dings­po­gings kos baie geld, sê Ho­ward Jo­nes, be­stuurs­hoof van die Born F­reestig­ting, daar­om is hul­le so dank­baar vir die ruim borg­skap­pe.

Wat eer­gis­ter se vry­la­ting van die leeus Ci­am en Nel­son so u­niek ge­maak het, is dat dit saam­ge­val het met die 20-ja­ri­ge be­staans­vie­ring van S­ham­wa­ri se Born F­ree-sen­trum. Nog meer u­niek was die feit dat Vi­r­gi­nia M­cKen­na (wat des­tyds die rol van Joy A­damson in die fliek Born F­ree ge­speel het) saam met Ci­am en Nel­son ge­reis het én by was met hul vry­la­ting.

M­cKen­na is op 85 nog ten vol­le toe­ge­wyd aan die wel­stand van groot kat­te.

Die tra­ne het ge­loop toe Ci­am (2 ½ jaar oud) in die Born F­ree­sen­trum van die S­ham­wa­ri­na­tuur­re­ser­vaat by Gra­ham­stad in die Oos­Kaap vry­ge­laat is. Ci­am is in die sui­de van Frank­ryk as ek­so­tie­se troe­tel­dier aan­ge­hou en het ná re­ha­bi­li­ta­sie in Bel­gië en ’n 10 000 km lan­ge reis hier aan­ge­kom. Nel­son (17), nog ’n ver­niel­de leeu, is ook uit Frank­ryk na die Born F­ree­sen­trum ge­bring. Foto’s: HEILIE COM­BRINCK

Vir die 85­ja­ri­ge Vi­r­gi­nia M­cKen­na (wat Joy A­damson in die fliek Born F­ree ge­speel het) was dit ’n oom­blik van dank­baar­heid.

Nel­son het so twee, drie keer om­ge­kyk na die men­se en toe sy nu­we veld be­gin ver­ken.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.