17 ge­val­le in Gau­teng be­ves­tig

Ou­er tie­ners nou ook in­ge­ënt

Beeld - - Nuus - Ü­gen Vos

17 be­ves­tig­de ge­val­le van ma­sels is teen gis­ter in Gau­teng aan­ge­meld, het dr. G­wen Ra­mokg­o­pa, Gau­teng­se LUR vir ge­sond­heid, be­ves­tig.

13 van die ge­val­le is in die Jo­han­nes­burg-om­ge­wing aan­ge­meld, ter­wyl nog drie ge­val­le in die Tshwa­ne-me­tro­ge­bied en een in E­kur­hu­le­ni be­ves­tig is, het Ra­mokg­o­pa ge­sê.

Die Na­si­o­na­le In­s­ti­tuut vir Oor­draag­ba­re Siek­tes (Ni­os) het ver­le­de maand ge­sê ma­sels het ver­al in Jo­han­nes­burg kop uit­ge­steek en die slag­of­fers is meest­al la­er­skool­kin­ders wat nie teen die siek­te in­ge­ënt is nie.

Ra­mokg­o­pa het gis­ter ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie ge­bruik om be­wust­heid van die na­si­o­na­le veld­tog teen ma­sels te be­vor­der.

Vol­gens haar hou die ge­sond­heids­de­par­te­ment el­ke drie tot vier jaar ’n in­en­tings­veld­tog teen die siek­te, maar het hul­le be­sluit om die veld­tog te ver­vroeg om­dat daar ’n ge­lei­de­li­ke op­bou van vat­baar­heid vir ma­sels is.

Vroeg­ty­di­ge in­en­ting kan im­mu­ni­teit teen die siek­te on­der so­wat 95% van die be­vol­king waar­borg.

Die Gau­teng­se de­par­te­ment van ge­sond­heid het ge­volg­lik be­sluit om tot 26 Mei ’n veld­tog te voer om kin­ders teen ma­sels te laat in­ent.

Die de­par­te­ment be­oog om on­ge­veer ’n mil­joen kin­ders van ses maan­de tot vyf jaar oor Gau­teng heen in te ent.

Aan­ge­sien die siek­te ver­al in Jo­han­nes­burg uit­ge­breek het, sal die tei­kenou­der­doms­groep in dié ge­bied tot 15 jaar ver­hoog word.

Im­mu­ni­se­ring­sen­trums is in­tus­sen by al­le o­pen­ba­re ge­sond­heids­ge­rie­we, in­slui­tend kli­nie­ke, ge­meen­skaps­ge­sond­heid­sen­trums en hos­pi­ta­le, ge­o­pen.

Ou­ers wat kin­ders in sko­le of crè­ches het, sal daar­toe moet in­stem voor­dat hul kin­ders ing­eent kan word.

Vol­gens Ni­os volg die uit­bre­king in Jo­han­nes­burg op ’n be­ves­tig­de uit­bre­king van die siek­te vroe­ër van­jaar in die WesKaap, waar min­stens 29 ge­val­le aan­ge­meld is.

Meer as 270 000 kin­ders is se­dert Fe­bru­a­rie in die Wes-Kaap in­ge­ënt.

Die simp­to­me van ma­sels sluit koors, vel­uit­slag, hoes, rooi oë (kon­junk­ti­vi­tis) en griep­simp­to­me in wat tot di­ar­ree, ont­wa­te­ring, brein­in­fek­sie, long­ont­ste­king en selfs die dood kan lei.

Die siek­te is hoogs aan­steek­lik en ver­sprei vin­nig. Men­se met ma­sels kan die siek­te reeds vier dae voor­dat die vel­uit­slag ge­sien word aan an­der oor­dra en tot vier dae na­dat die vel­uit­slag be­gin het.

Vol­gens Ni­os kan men­se van e­ni­ge ou­der­dom ma­sels kry, maar dis ver­al ge­vaar­lik vir kin­ders jon­ger as twee.

Foto: LI­SA HNATOWICZ

Dr. G­wen Ra­mokg­o­pa be­spreek gis­ter die uit­bre­king van ma­sels in ver­al Jo­han­nes­burg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.