Wa­ter­skuld groei in M­pu­ma­lan­ga

Beeld - - Nuus - A­let Jou­bert

Al­te­sa­me 13 mu­ni­si­pa­li­tei­te in M­pu­ma­lan­ga skuld Rand­wa­ter meer as R350 mil­joen.

“Re­fil­we Mt­swe­ni, LUR vir sa­me­wer­ken­de re­ge­ring en tra­di­si­o­ne­le sa­ke, moet ver­dui­de­lik waar­om se­ke­re mu­ni­si­pa­li­tei­te nie hul re­ke­nin­ge aan Rand­wa­ter be­taal het nie,” sê Ja­mes Mason­go, DA-lei­er in M­pu­ma­lan­ga.

Mason­go sê in ’n ver­kla­ring die 13 mu­ni­si­pa­li­tei­te het Rand­wa­ter in Fe­bru­a­rie ge­sa­ment­lik R353 422 023 ge­skuld.

“Bos­bok­rand se skuld is die groot­ste en be­loop R236 857 922,” sê Mason­go.

Die in­lig­ting oor die ag­ter­stal­li­ge wa­ter­re­ke­nin­ge kom uit ’n ant­woord wat Nom­vu­la Mo­ko­ny­a­ne, mi­nis­ter van wa­ter en sa­ni­ta­sie, in die par­le­ment ge­gee het op ’n vraag van Ta­nia Ba­ker, DA-LP.

“Die skuld kan daar­toe lei dat min­der wa­ter voor­sien word, en voor­sie­nings­pro­ble­me ver­er­ger wat reeds in van die mu­ni­si­pa­li­tei­te be­staan,” sê Mason­go.

On­der die mu­ni­si­pa­li­tei­te is Go­van M­be­ki (Se­cun­da) wat R42 729 206 in Fe­bru­a­rie ge­skuld het, M­bom­be­la (Nel­spruit) wat R32 841 497 skuld, eMa­lahle­ni (Wit­bank) met R24 956 379, Del­mas met R8 388 396 en T­hem­bi­si­le Ha­ni (K­wag­ga­fon­tein) met R7 648 623 se wa­ter­skuld.

“Die LUR moet in­gryp. Straf­maat­re­ëls is no­dig om te ver­se­ker dat die skuld ver­ef­fen word voor­dat dit ver­der op­loop en moont­lik die al­ge­he­le voor­sie­ning van wa­ter in die ge­drang bring,” sê Ma­san­go.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.