Wat sê jy? Stuur ’n SMS na 45571

Beeld - - Kommentaar -

SMS’e kos R1,50

Bul­le se nu­we kul­tuur is om goeie ver­loor­ders te wees. Net jam­mer goeie ver­loor­ders wen sel­de. – Ot­to

V As Nol­lis se pa ge­weet het sy seun gaan een­dag (as af­rig­ter) so­veel wed­stry­de met die Bul­le ver­loor, sou hy hom Nul­lis ge­doop het! – Bey­ers

V Ag nee, Bul­le, dit is nou bull. Ham­ba! – J. Vil­joen

V Nol­lis, skrik jul­le nou vir die Cru­sa­ders? Jul­le is wind­gat. – Har­rie, Mu­si­na Ba­rend van Graan re­ken “2018 is ons s’n”. As hy deel van die “ons” is, word die kans nul. – Pi­ne, P­re­to­ria

V Ba­rend van Graan ver­tel dat die Leeus vier sei­soe­ne ge­vat het om din­ge in plek te kry, maar as jy sy lo­gi­ka in die ar­ti­kel volg, was dit heel­wat kor­ter. Geen won­der die Bul­le suk­kel so nie: Ba­rend en Zu­ma se som­me is op die­self­de vlak. – Ja­co, Nel­spruit

Versag­ten­de om­stan­dig­he­de vir ou Noord­Trans­vaal, nou Blou Bul­le. Toe die u­nie nog werk­lik ’n krag was, was klu­brug­by baie sterk. Weer­mag, po­li­sie, Nor­maal­kol­le­ge, Tuk­kies, ens. – Oom Ben, Pta

V Baie dan­kie aan my siel­kun­di­ge, wat voor­ge­stel het ek moet die kop­skuif maak en van ’n Bul­on­der­steu­ner ver­an­der in ’n Haai­on­der­steu­ner. Ek is ’n an­der mens. Ek ge­niet weer die mooi in die le­we, is vrien­de­lik met al­mal, slaap be­ter (ver­al Sa­ter­dae), drink min­der (ver­al Sa­ter­dae), swets min­der (ver­al Sa­ter­dae), en vir ont­span­ning kyk ek nou Bul­wed­stry­de as ek ver­veeld is en lag al my sor­ge weg.

– T­heuns Nol­lis Marais, jy en jou af­rig­ting­span moet maar lie­wer jul tas­se pak en an­der wei­vel­de gaan soek. Aan die Blou Bul­on­der­steu­ners: Druk jul trots in jul sak­ke en raak ont­slae van jul af­rig­ting­span. Maak soos die Leeus: Be­gin van voor af, bou ’n span en jul­le sal ná een of twee jaar die vrug­te pluk. Sterk­te. – Da­vid, Mar­ga­te Wat het Zu­ma en Nol­lis in ge­meen? Die man wil net nie loop nie! – Ru­dolf Kan Nol­lis Marais as­se­blief ge­pos word?! Die Blou Bul­spe­lers is ál­mal ta­lent­vol­le jong men­se! Dit is hart­ver­skeu­rend om hul­le só te sien speel! – IP, P­re­to­ria Die swak­ste Bul­span ooit!! Geen won­der Naas en Vic­tor duik on­der die ta­fel in nie. – Ko­sie Die Bul­le is soos ’n Rolls­Roy­ce met ’n stuk­ken­de he­ad gas­ket: ver­vang die af­rig­ter en als sal reg­kom! – Neels Ger­ber “Zu­ma nie ir­ra­si­o­neel nie”? Wan­neer was hy ooit ra­si­o­neel se­dert hy tot pre­si­dent ver­kies is? – F­red, K­lerks­dorp Ek hoor die on­rus in Vu­wa­ni word aan­ge­hits deur ten­der­pre­neurs wat goed in­ge­gra­we is in Lou­is T­ri­chardt en nie wil hê die gren­se moet skuif nie. – Jo­han On­se P­rez is so lief vir die woord “de­mo­kra­sie”. Nou kom be­gin by Vu­ma­ni en be­spaar ons mil­joe­ne ran­de se ska­de en ’n treur­ma­re. – Piet S­teyn, P­re­to­ria Ge­ag­te mev. Ramp­he­le, Suid­A­fri­ka is nie die mid­del­punt van die heel­al nie. In werk­lik­heid is en was ons nog al­tyd aan die stert­kant van ont­wik­ke­ling.

– Pol­la Swartz, P­re­to­ria Die Duit­se mu­siek oor P­re­to­ria FM is nog aan­vaar­baar, maar be­slis nie die swak A­fri­kaan­se mu­siek waar­voor hul­le so lief is nie. Om jou me­ning te lug daar­oor val net op do­we ore. – E­ri­ca Mnr. Sloet de Vil­liers, jy wat so knus daar in Ne­der­land sit, hou as­se­blief jou o­pi­nie vir jou­self. – Ria Bo­tha Prof. P­re­to­ri­us, ons het ook so baie van jou ge­leer in jou ar­ti­kel oor Ka­rel S­choe­man. Baie dan­kie vir ’n prag­ti­ge skry­we.

– Koos van Wyk, P­re­to­ria Om ie­mand se hulp te be­kom om jou le­we te be­ëin­dig, be­hoort ge­wet­tig te word. Dit is slegs die sterf­li­ke wat be­ëin­dig word. Die on­sterf­li­ke gees wat aan God be­hoort, kan geen mens ver­nie­tig nie. – Le­ser, Pa­rys El­sa­bé B­rits, ek het nog nooit so­veel snert in my le­we in een ar­ti­kel ge­lees nie. Beeld, 06.05) Dis net raai­e­ry en wens­den­ke­ry om te be­weer wat mil­joe­ne ja­re ge­le­de ge­beur het. Bring die be­wy­se. – Loui Die men­se wat K53­ry­be­wys­toets des­tyds op­ge­stel het, is voor ge­boor­te in die bol ge­pik. – KB O wee! Hoe lank gaan die ANC ons nog kas­ty? Be­ne­wens hul e­wi­ge bin­ne­ge­veg­te en ba­klei­e­ry voer hul­le nog steeds hul st­rug­gle. Dit lyk reg­tig of hul­le die kluts kwyt is. Min ja­re, dan is ons van hul­le be­vry! – Hans Re­tief, P­re­to­ria Ek let op dat Beeld nie SMS’e plaas wat teen die DA ge­mik is nie. Al­mal is nie Mai­ma­ne­ en DA­aan­han­gers nie. Hul­le is maar net so kor­rup. – John Ek is die oor­saak dat die SMS’e laas week nie ver­skyn het nie. Ek het Beeld laat weet dat hul­le een keer per week geen SMS’e moet pu­bli­seer nie uit sim­pa­tie met wat ons dink, maar nie mag sê nie.

– Chris Weer ’n baie in­te­res­san­te ru­briek uit die pen van Lin­die Koorts. ’n Mens sou mis­kien kon by­voeg dat Suid­A­fri­ka­ners in die al­ge­meen ge­na­de­lo­se be­oor­de­laars van hul lei­ers is. Hier­van is Jan S­muts en FW de K­lerk se­ker die bes­te voor­beel­de.

– Deon Bek­ker

Foto: DEAAN VIVIER

Nol­lis Marais

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.