Dink rê­ri­ge skry­wers aan p­lês­tiek­mot­te?

Beeld - - Kommentaar -

Toe my pa des­tyds op 60 af­ge­tree het en oor­nag van ’n ge­ne­raal na ’n oom ge­de­mo­veer is, het ons jon­ges aan 60 as stok­oud ge­dink.

Die af­ge­lo­pe week sien ons dat ar­me ou prins P­hi­lip da­rem ein­de ten laas­te die tuig gaan neer­lê na­dat ant Lies­bet sy pen­si­oen goed­ge­keur het. Sy pro­bleem is net dat die an­tie nog steeds in die tuig is en dié ar­me oud­stry­der dus teen wil en dank in die koets sal moet saam­flen­ter waar sy ook al wil heen. Am­per soos die ooms wat jy daar in Wool­ies en Pik en Pe­taal sien wat soos Ven­ter­tjies ag­ter die tan­nies aan­tou met die trol­lies.

“Sies­tog, en waar oom F­lip­pie nog tot hier­die week saam met die old boys kon gaan jak­kals jag en ’n kap of twee kon gaan maak het, sal hy die cor­gi’s nou waar­skyn­lik moet kos­gee en die ko­nink­li­ke koos sog­gens moet uit­gooi,” re­ken Dik Daan.

Maar op ’n ge­wig­ti­ger noot: Die twee­de dik­ste boek in my huis is Die laas­te A­fri­kaan­se boek deur Ka­rel S­choe­man (679 blad­sye).

Net ou­ma Tin­kie se

By­bel met 1 364 blad­sye klop hom.

S­choe­man, oor wie die af­ge­lo­pe week meer ge­skryf is as in sy he­le le­we met al die goed­be­doel­de aan­dag wat hom ge­luk­kig ook nie meer kon pla nie.

Op 27 Ok­to­ber 2007 het ek ná ’n jo­li­ge man­ne­og­gend by die kerk­saal in Tromps­burg sta­dig ver­by sy huis ge­ry in die hoop om ’n glimp van die mis­te­ri­eu­se skry­wer te kon be­leef.

Am­per soos ’n stal­ker wat in Hol­ly­wood na ster­re soek (be­hal­we dat min dor­pe ter wê­reld meer van Hol­ly­wood kan ver­skil as Tromps­burg of S­choe­man meer kon ver­skil van ’n p­lês­tiekHol­ly­wood-ster).

Sy huis was stil en toe met hom vei­lig in sy fort. Die af­ge­lo­pe week ek weer ge­won­der of hy die ry­ding wat twee keer sta­dig ver­by ge­dren­tel het, ge­sien het, en of hy nie dalk op ’n dag daar in die Suid-Vry­staat ’n Volks­blad oop­ge­slaan en in ’n oom­blik van swak­heid een van my snert­skry­we­tjies raak­ge­lees het nie.

O ja, en hoe­kom ek my Tromps­burg-be­soek se da­tum so goed ont­hou, is om­dat die C­hee­tahs daai Sa­ter­dag­mid­dag die Cur­rie­be­ker teen die Leeus in Bloem­fon­tein ge­wen het met ge­ne­raal De Waal se skop in be­se­rings­tyd. En om­dat die skry­wer die vo­ri­ge dag sy 66ste ver­jaar­dag ge­vier het (waar­skyn­lik al­leen).

“Ter­wyl ek die voor­deur oop­sluit, hoor ek ’n kar langs die straat aan­kom, en ou­to­ma­ties talm ek met die toe­maak van die deur om te sien wie hier­die seld­sa­me ver­by­gan­ger kan wees.” (Uit Die laas­te A­fri­kaan­se boek.)

Die af­ge­lo­pe week lees ek van ’n mot wat plas­tiek vreet en so ’n ein­de kan maak aan dié om­ge­wings­kri­sis.

En toe won­der ek of ek moet won­der maar wie gaan dan ’n plan maak met dié p­lês­tiek­mot­te? Dink rê­ri­ge skry­wers ooit aan sul­ke snert, won­der ek toe.

‘‘ Die af­ge­lo­pe week het ek weer ge­won­der of hy die ry­ding wat twee keer sta­dig ver­by ge­dren­tel het, ge­sien het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.