Span sit met a­ma­teurs

Beeld - - Kommentaar -

Bos­sie Bos­hoff, Wa­ver­ley, P­re­to­ria

Ek on­der­steun Noord-Trans­vaal, die Lig­blou­es, die Blou Bul­le en he­laas die Bul­le/Bulls al se­dert ek on­ge­veer ne­ge jaar oud is.

Maar wrag­tig, Sa­ter­dag was die hoog­te­punt van al­le laag­te­pun­te wat die span nog be­reik het. Ná dié ver­to­ning twy­fel ek of dié “spe­lers” en be­stuur­span al een dag op ’n oe­fen­veld was, of e­ni­ge be­plan­ning/tak­tiek/ ver­de­di­ging­struk­tu­re of e­nig­sins iets ge­oe­fen het. Ek is baie ge­reeld in die wild­tuin en het selfs on­der die oud­ste re­nos­ters nie een met so ’n dik vel soos Nol­lis Marais ge­sien nie! Nol­lis, lees as­se­blief die te­kens: Wat jy ook al doen as af­rig­ter, het geen uit­wer­king op die spe­lers nie! As mi­li­tê­re aan­voer­ders ’n slag ver­loor het, is hul­le óf dood­ge­skiet óf hul­le het hul goed­jies ge­vat en loop. Moet dit nie eens oor­weeg om te loop nie – doen dit net, moe­nie vir Ba­rend sê nie – loop net!

Dit wat Ba­rend van Graan in Sa­ter­dag se Beeld teen­oor ons ge­ag­te re­dak­teur kwyt­ge­raak het, is ’n hol­rug­ge­ry­de sto­rie wat ons as on­der­steu­ners al die af­ge­lo­pe vyf jaar (as ons kla) by die­self­de uit­voe­ren­de amp­te­naar hoor.

Al­le an­der suk­ses­vol­le rug­by­u­nies het pro­fes­si­o­ne­le men­se in diens, maar hier by ons moet ons te­vre­de wees met a­ma­teurs! Hoe lank nog?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.