Roe­ren­de ver­slag van ver­we­se ge­meen­skap

Hier­die merk­waar­di­ge werk draai die kie­kie op sy kop en laat ons met nu­we oë na die men­se van Na­ma­kwa­land kyk, skryf Mel­vyn Min­naar.

Beeld - - Boeke - Han­ging on a Wi­re FOURTHWALL BOOKS, R480

Foto’s: Sophia Klaa­se Voor­woord: Zoë Wi­comb

Es­says: Rick Ro­hde, Vi­r­gi­nia Ma­cKen­ny, Timm Hoff­man, Ben Cous­ins en Si­o­na O’Con­nell Bui­te for­me­le fo­to­gra­fie soos dié van do­ku­men­ta­sie, die re­kla­me­wê­reld of selfs por­tret­kuns, is daar die kie­kie (dees­dae die sel­f­ie) – die ab­so­lu­te kits­fo­to in ’n flits of na­no­se­kon­de vas­ge­vang. Ten spy­te van die “weg­gooi”-as­pek, ver­sin­ne­beeld niks op­ti­mis­me soos juis daar­die vas­ge­leg­de oom­blik nie.

Sophia Klaa­se se kie­kies, net­jies en waar­de­vol in Han­ging on a Wi­re ver­sorg, is deur­spek met daar­die hu­ma­ne op­ti­mis­me, maar is e­wen­eens ’n roe­ren­de me­lan­cho­lie­se ver­slag van ’n ver­we­se ge­meen­skap. Die tra­gie­se net bui­te die raam.

Dáár­die i­ro­nie gee aan die boek ’n be­son­der­se so­si­a­le be­te­ke­nis: nog een van daar­die “waar­heids­do­ku­men­te” wat meer van ons land se lap­pies­kom­bers-ge­meen­skap­pe in uit­ge­strek­te, af­ge­son­der­de land­skap­pe ver­sprei, ver­tel.

Die es­says ver­ryk en prik­kel, en bring dié spe­si­fie­ke ge­meen­skap kleur­vol in die kol­lig.

Maar dis in die eer­ste plek ’n merk­waar­di­ge kuns­boek en ’n vi­su­e­le skep­ping van ’n per­soon met daar­die ta­lent – so heim­lik on­der fo­to­gra­we ge­deel – om pre­sies die vi­su­e­le ruim­te en in­houd op die reg­te tyd en plek vir die lens te lees. Met daar­by ’n eie blik, ’n eie, tref­fen­de styl, met die een­vou­dig­ste van ap­pa­ra­te, die klein kits­ka­me­ra, die kie­kie­ma­ker.

Vy­tjie Klaa­se is in 1982 op Pauls­hoek in die Noord-Kaap ge­bo­re, waar sy groot­ge­word en die mees­te van haar le­we deur­ge­bring het.

Treu­rig ge­noeg is sy en­ke­le we­ke ná die ver­sky­ning van die boek oor­le­de – jonk dood, moont­lik ’n slag­of­fer van die har­de be­staan­s­le­we al­daar. (Sophia, haar doop­naam, word deur­gaans ge­bruik en dit dien as be­mag­ti­ging, al voel ’n mens heel­tyd die teen­woor­dig­heid van “Vy­tjie” in die pren­te aan. Daar is tal­le sel­f­ies.)

Pauls­hoek is ’n lan­de­li­ke, af­ge­leë ge­meen­skap, diep in Na­ma­kwa­land, 52 km van Ga­ries, die naas­te dorp, en juis in­te­res­sant vir so­sio-e­ko­no­mie­se na­vor­sers soos Rick Ro­hde en Timm Hoff­man wat haar as’t wa­re ont­dek het. (Saam met die an­der me­de­wer­kers ver­skaf hul­le uit­ste­ken­de ag­ter­grond-lees­stof.)

Op die ou­der­dom van 16 is dit dié na­vor­sers wat Vy­tjie Klaa­se en an­der Pauls­hoe­kers ’n kits­ka­me­ra in die hand stop. Die ge­dag­te was die on­der­ne­ming van ’n so­si­o­e­ko­no­mie­se be­mag­ti­gings­eks­pe­ri­ment.

Klaa­se het som­mer van meet af die lens be­mees­ter en kort voor lank het sy die kleur­vol­le ka­rak­ters, die een­vou­di­ge mens­lik­heid, hart­lik­heid, die on­op­ge­smukt­heid van die be­staan op Pauls­hoek be­gin vas­lê.

Met ’n aan­ge­bo­re ta­lent vir kom­po­si­sie (op­val­lend for­meel in tal­le van die vlug­ti­ge prent­jies) kon sy haar fa­mi­lie, vrien­de en wie ook al kry om met hul le­wens­drif voor haar lens te pronk.

Dis as­of haar diep per­soon­li­ke pro­jek – een wat ver­skeie ja­re ge­duur het en la­ter op ’n groep­ten­toon­stel­ling in Kaap­stad er­ken­ning ge­kry het – ’n di­na­mie­se op­ti­mis­me on­der haar men­se aan­ge­vuur het.

In dié soort prent­jies, dié wat ons som­mer­so mik en druk, ge­woon­lik op fa­mi­lie, vrien­de en ven­no­te rig, ge­beur iets wat nie in daar­die an­der for­me­le foto’s voor­kom nie.

Ons rig die kits­ka­me­ra en die mens voor draai na die ka­me­ra, lag, trek ge­sig­te, glim­lag.

Hul­le gáán in dié oom­blik net die po­si­tie­we wys. Op die op­per­vlak dra dié af­beel­ding nie die swaar van le­wens­las of tra­giek nie. Die waar­heid van be­staan is vir ’n oom­blik ver­ruil vir bly­moe­dig­heid, op­ge­hef in daar­die mo­ment van die flits en die klik.

Op­ti­mis­me is nie net die won­der­li­ke i­ro­nie wat hier­die be­son­der­se pu­bli­ka­sie se be­te­ke­nis ver­ryk nie, maar wat die on­ge­wo­ne, een­ma­li­ge ta­lent van Vy­tjie Klaa­se van Na­ma­kwa­land aan­ge­vuur en haar bui­te­stan­der-oog so skerp ge­slyp het.

Han­ging on a Wi­re is ’n fo­to­boek met ’n an­der kin­kel, ver­al in die Suid-A­fri­kaan­se kon­teks.

Die iet­wat on­ge­mak­li­ke En­gel­se ti­tel is ’n ver­ta­ling van die lek­ker, wê­reld­wy­se drif in glo ’n ti­pie­se self­ge­kom­po­neer­de Klaa­se-lied­jie, “Han­gend aan ’n draad”.

Dié dui op die soort lais­sez-fai­re-hou­ding van ’n in­di­vi­du wat haar bes doen on­der moei­li­ke om­stan­dig­he­de: om op­ti­mis­ties te le­we en haar vi­su­e­le wê­reld so vas te lê.

’n Merk­waar­di­ge en waar­de­vol­le werk. ■ Mel­vyn Min­naar is ’n kuns­re­sen­sent van Kaap­stad.

Dis as­of haar diep per­soon­li­ke pro­jek ’n di­na­mie­se op­ti­mis­me on­der haar men­se aan­ge­vuur het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.