Ri­kus se ou­ma die koel­ste

Beeld - - Boeke -

Kin­der­fik­sie (7+)

My ou­ma is ’n film­ster Ja­co Ja­cobs & S­te­phen Wal­la­ce LA­PA, R90

Hier­die is nie ’n re­sen­sie nie, eer­der ’n ver­slag van hoe ’n se­we­ja­ri­ge lees . . .

My dog­ter, Ma­non, is “’n bie­tjie te skaam” om die he­le af­fê­re self te ver­tel, maar dié boe­kie het sy y­we­rig op­ge­raap en met el­ke hoof­stuk se vor­de­ring kom ver­slag doen.

Kort­liks gaan die sto­rie oor Ri­kus se ou­ma wat an­ders is as an­der ou­mas.

Sy het haar eie rock­groep, haar ha­re is groen ge­kleur en sy rits in ’n bloed­rooi sport­mo­tor rond.

Boon­op is sy ge­du­rig in die koe­ran­te en tyd­skrif­te en sy gaan na par­ty­tjies toe saam met TV-ster­re en staats­pre­si­den­te.

Maar hier is die kic­ker (ook vir Ma­non): Toe Ou­ma boon­op ’n rol in ’n splin­ter­nu­we fliek los­slaan, is Ri­kus en sy bes­te pel, Pu­leng, baie op­ge­won­de.

En húl­le gaan so­waar as ek­stras in ’n to­neel in die fliek ver­skyn. Kan jy glo!

Maar ’n film­stel kan soms ’n ge­vaar­li­ke plek wees . . . Sal Ri­kus uit die kloue van ’n ge­vaar­li­ke skurk kan ont­snap – en Ou­ma se loop­baan as rol­prent­ster red?

My ou­ma is ’n film-ster (waar­om die kop­pel­te­ken weet ek nie) is ’n heer­li­ke boe­kie vir wan­neer jou kind self aan die lees is.

Die druk is re­de­lik groot – só dat jong­ste lek­ker kan sit en klank aan moei­li­ker en lan­ger woor­de.

“G-o-g-g-a-k-o-n-i-n-g-i-n” hoor ek my mei­sie­kind uit haar ka­mer klank.

En dan: “Pap­pa, ek trek al by hoof­stuk 6!”

Die le­wens wat ons leer leef en lees . . .

■ Jo Prins is die re­dak­teur van Boe­ke24.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.