Lek­ker bang­maak­sto­ries

Beeld - - Boeke -

Kin­der­fik­sie (9­12)

Skool is ’n ril­ler Ma­ri­an­na Brandt (sa­mest.) HU­MAN & ROUSSEAU, R155

Hot­dog en Ham­bur­ger is kos­huis­kin­ders met ’n lus vir kat­te­kwaad.

By die Ho­ër­skool Blou­baai is die stout­ste ding wat jy kan doen om die stu­die­klok ná slaap­tyd te lui. “As din­ge skeef­loop, is ons so goed soos twee bloed­kol­le teen ’n muur,” sê Hot­dog.

Wat sal dan nou ’n gro­ter a­von­tuur wees as om juis dit te doen? Maar daar wag ’n veel gro­ter ril­ler op hul­le as om deur die pre­fek­te uit­ge­vang te word. Die klok­to­ring het ’n do­de­li­ke ge­skie­de­nis en die dooi­es het nog nie gaan rus nie.

Met “Die stu­die­klok” deur Trou­la Goo­sen be­gin Skool is ’n ril­ler, ’n boek met 20 bang­maak­sto­ries deur ver­skil­len­de skry­wers. El­ke sto­rie is om­trent 15 blad­sye lank en ver­skil­len­de skry­wers het dit ge­skryf.

Dis nie ’n boek om in die aand te lees as jy ban­ge­rig is nie. Elk­een van die sto­ries speel af by ’n an­der skool. Maar nie een daar­van is ’n skool waar­heen jy graag sal wil gaan nie.

Daar is men­se wat uit pren­te uit­stap, ’n mas­ker met die krag om kan­de­la­re op men­se te laat val en ’n skool waar kin­ders hul oë ver­loor. As jy die sto­rie “The S­cre­am” ge­lees het sal jy nooit weer die­self­de na die skil­de­ry deur Ed­vard Munch kyk nie.

“Wraak van die bleek­sie­le” deur S­te­phan La­te­gan het ver­al vir my uit­ge­staan, want dis nog­al snaaks.

Skool is ’n ril­ler is ’n lek­ker boek vir kin­ders wat ’n bie­tjie a­dre­na­lien soek.

■ E­mi­le Lie­ben­berg is in gr. 6 in die La­er­skool Fai­r­land, Jo­han­nes­burg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.