‘SA kan leer uit ge­beu­re in Zim’

Beeld - - Nuus - Sa­rel van der Walt

Dit gee hom moed dat Suid-A­fri­ka­ners bur­ger­li­ke or­ga­ni­sa­sies het wat be­reid is om teen wet­te­loos­heid op te staan, het ’n Zim­bab­wie­se boer Sa­ter­dag op So­li­da­ri­teit en A­friForum se vei­lig­heids­be­raad in P­re­to­ria ge­sê.

Ben F­reeth, die boer en men­se­reg­te-ak­ti­vis, het ge­praat op ’n be­raad waar So­li­da­ri­teit en A­friForum hul pro­jek Ne­he­mia, ’n ge­meen­skap­stra­te­gie teen ge­weld­mis­daad, be­kend ge­stel het.

Die doel van dié vei­lig­heids­be­raad was om na­si­o­na­le vei­lig­heids­me­ga­nis­mes tus­sen ge­meen­skap­pe, die staat en pri­va­te sek­tor te be­spreek ten ein­de mis­daad te be­kamp. Die te­ma was: “Kom ons maak ons stra­te vei­lig.”

F­reeth het ge­sê toe die pro­ble­me in Zim­bab­we be­gin het, het hul­le nie or­ga­ni­sa­sies soos A­friForum en So­li­da­ri­teit in Zim­bab­we ge­had nie.

Hy het ver­tel hoe die si­tu­a­sie in Zim­bab­we die af­ge­lo­pe 17 jaar ver­sleg het en hoe wet­te­loos­heid hoog­ty vier.

F­reeth sê Suid-A­fri­ka­ners kan baie les­se leer uit wat in Zim­bab­we ge­beur het.

“Hier in Suid-A­fri­ka hang ’n swaard oor jul kop­pe, maar ek sien baie po­si­tie­we din­ge. Jul Grond­wet is die sleu­tel en jul­le moet hom be­skerm. Ons het nie ons grond­wet be­skerm nie.

“Moe­nie toe­laat dat jul Grond­wet ver­an­der of ge­min­ag word nie,” sê F­reeth, wat in ’n plaas­aan­val ge­mar­tel en van sy grond ver­dryf is.

“Jul­le moet die me­dia in­span, want pu­bli­si­teit is die siel van ge­reg­tig­heid. Jul­le ge­bruik die me­dia goed, want die me­dia bring lig in die duis­ter­nis.

“Dit is ook tot jul voor­deel dat jul­le ’n goeie op­po­si­sie het wat al­les moont­lik doen om die Grond­wet te be­skerm. Ons het nie soos jul­le ’n goeie en goed ge­or­ga­ni­seer­de bur­ger­li­ke ge­meen­skap ge­had nie. Jul­le hét, soos die be­raad wat jul­le van­dag hier hou, wys.”

Wees pro-ak­tief en ge­bruik die in­ter­na­si­o­na­le in­stel­lings, sê hy.

“Ont­hou, e­ko­no­mie­se op­hef­fings­pro­gram­me is be­lang­rik. Brei dit uit. Dan is daar ge­bed. God kan die aan­slag stop.”

Die af­ge­tre­de genl.maj. Ro­land de Vries, ’n voor­ma­li­ge ad­junk­hoof van die le­ër, het ge­sê hy meen dit het tyd ge­word dat oud en jonk, swart en wit, moet saam­staan en die ken­nis wat hul­le het, ge­bruik in die stryd teen mis­daad.

“Ons moet pro-ak­tief be­gin op­tree. Ons in­lig­ting­stel­sel moet goed wees, en ons moet goed be­plan,” sê hy. “Ons moet ver­ant­woor­de­lik­heid vir ons eie si­tu­a­sie aan­vaar om­dat die re­ge­ring ons nie be­vei­lig nie.”

Die af­ge­tre­de genl.maj. Jo­han Booy­sen, ’n voor­ma­li­ge hoof van die Val­ke in K­waZu­lu-Na­tal, het in ’n vi­de­o­bood­skap ge­sê dit is be­lang­rik dat men­se mis­daad­voor­val­le aan­meld om­dat s­ta­tis­tie­ke be­lang­rik is vir die po­li­sie om be­hoor­lik te be­plan. Hy het toe­ge­gee die po­li­sie se mis­daad­in­tel­li­gen­sie-een­heid funk­si­o­neer nie na wens nie.

Dit is ook tyd dat le­de van die pu­bliek hand in eie boe­sem steek.

“Ek word kwaad as ek om ’n braai­vleis­vuur hoor hoe men­se spog hoe hul­le om­koop­geld be­taal het.

“Kor­rup­sie in die po­li­sie is ’n groot pro­bleem, maar daar is ook baie goeie po­li­sie­be­amp­tes wat hul bes pro­beer. Ont­hou net, vir el­ke kor­rup­te staats­amp­te­naar is daar ook ’n kor­rup­te lid van die pu­bliek,” sê Booy­sen.

Sol­ly M­si­man­ga, bur­ge­mees­ter van Tshwa­ne, het ge­sê vei­lig­heid bly ’n be­kom­mer­nis en ’n top­pri­o­ri­teit vir dié me­tro. Hy het ook na be­leg­gers ver­wys en ge­sê dat as Suid-A­fri­ka sy e­ko­no­mie wil laat groei, moet die land nie net vir sy bur­gers vei­lig ge­maak word nie, maar ook vir be­leg­gers.

Foto: SA­REL VAN DER WALT

Die Zim­bab­wie­se boer Ben F­reeth aan die woord op So­li­da­ri­teit en A­friForum se vei­lig­heids­be­raad in P­re­to­ria.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.