Lin­di­we: ‘Die tyd is nou reg om ras­sis­me te ta­kel’

Beeld - - Nuus -

“Ons hoop Suid-A­fri­ka­ners sal teen 2030 al­mal A­fri­ka­ne en Suid-A­fri­ka­ners wees, nie wit of swart nie,” het Lin­di­we Si­su­lu, voor­sit­ter van die ANC se so­si­a­le­trans­for­ma­sie­ko­mi­tee, gis­ter op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie van die ANC in Jo­han­nes­burg ge­sê.

“Om ’n ge­meen­skap wat deur ko­lo­ni­a­lis­me en a­part­heid ge­breek is, te trans­for­meer, is nie ’n mak­li­ke taak nie. Ons het die af­ge­lo­pe 23 jaar al baie ge­doen, en dit is nie ’n cli­ché nie, maar baie moet nog ge­doen word,” sê Si­su­lu.

Die me­di­a­kon­fe­ren­sie is deel van ’n reeks me­di­a­kon­fe­ren­sies voor die ANC se be­leids­kon­fe­ren­sie wat aan die ein­de van Ju­nie ge­hou word. Dié kon­fe­ren­sie is deel van die voor­be­rei­ding vir die kon­fe­ren­sie waar­op die nu­we par­ty­lei­ers ein­de van­jaar ge­kies word.

Op gis­ter se me­di­a­kon­fe­ren­sie is aan­ge­kon­dig die be­leids­kon­fe­ren­sie sal nie meer op Gal­lag­her E­sta­te in Mid­rand ge­hou word nie, maar op die Nas­rec-ter­rein in die suid­wes­te van Jo­han­nes­burg, na­by So­we­to.

Si­su­lu sê die voor­stel­le in die ANC se do­ku­ment wat op die be­leids­kon­fe­ren­sie be­spreek sal word, is daar­op ge­mik om in die toe­koms ’n in­klu­sie­we ge­meen­skap te skep “waar­aan ons al­mal voel ons be­hoort”.

Vol­gens haar het die Wê­reld­be­ker-rug­by­toer­nooi in 1995 en die Wê­reld­be­ker-sok­ker­toer­nooi in 2010 Suid-A­fri­ka­ners laat voel “ons hoort”.

Dit moet ook na an­der ge­bie­de as sport uit­ge­brei word.

“Ons wil ook na­si­o­na­le kon­sen­sus ver­be­ter en se­ker maak daar is be­ter ska­ke­ling tus­sen ge­meen­skaps­lei­ers en die re­ge­ring.

“Re­ge­ring be­gin tuis, brei uit na die ge­meen­skap, die stad, die pro­vin­sie en uit­ein­de­lik die he­le land,” sê Si­su­lu.

“Ons be­leids­voor­stel­le word on­der­steun deur die i­dee dat so­si­a­le trans­for­ma­sie ver­band hou met die skep­ping van po­si­tie­we waar­des,” sê sy.

“Ons het die volks­lied en sim­bo­le van een­heid tot nou in sko­le ge­bruik om ’n na­si­o­na­le i­den­ti­teit te be­vor­der, maar dit het ons nog nie die ver­lang­de doel­wit laat be­reik nie.”

Si­su­lu sê dit is baie be­lang­rik dat ras­sis­me in die land ge­pak word.

“Ras­sis­me het ons in die ver­le­de ge­de­fi­ni­eer. Dit mag nie meer in die toe­koms ge­beur nie.”

Si­su­lu sê ras­sis­me bly ’n pro­bleem, nie om­dat die ANC die af­ge­lo­pe 23 jaar mis­luk het nie, maar om­dat die toe­stan­de nog nie reg was om dit te ta­kel nie. Sy glo dit is nou die reg­te tyd.

Sy er­ken ook daar is pro­ble­me in die ANC. “Ons het pro­ble­me. Ons is ’n pro­duk van ons tyd, maar dit be­te­ken nie dat ons nie steeds streef na dit wat ons nog nie vir ons men­se be­reik het nie.

“Ons han­teer ons pro­ble­me op tak­vlak en in die o­pen­baar.”

Foto: SA­REL VAN DER WALT

Lin­di­we Si­su­lu, voor­sit­ter van die ANC se so­si­a­le­trans­for­ma­sie­ko­mi­tee, gis­ter­og­gend op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie in Lut­hu­li­huis, die ANC se hoof­kan­toor in Jo­han­nes­burg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.