Wen­ke wat werk

Beeld - - Tot U Diens -

Die Suid­A­fri­kaan­se Pos­kan­toor het ’n waar­sku­wing aan ver­brui­kers uit­ge­reik oor ’n slen­ter wat tans die rond­te doen.

’n Lid van die pu­bliek kry ’n op­roep van ie­mand wat voor­gee om vir die doe­a­ne­af­de­ling van die Pos­kan­toor te werk. Daar word voor­ge­gee ’n pak­kie het van oor­see vir die per­soon ge­kom. Die so­ge­naam­de pak­kie kan net af­ge­le­wer word ná ’n be­ta­ling daar­voor in ’n bank­re­ke­ning ge­maak word. Daar word voor­ge­gee die be­ta­ling is vir koe­rier­kos­tes.

As ’n mens oor die pak­kie wil na­vraag doen, word ’n te­le­foon­nom­mer in die Ver­e­nig­de Ko­nink­ryk ver­skaf of jy word na ’n web­blad, wat soos dié van die SA Pos­kan­toor lyk, ver­wys. Hier kan ’n PIN in­ge­tik word om die pak­kie te spoor. Die SA Pos­kan­toor se web­blad ge­bruik nie PIN­nom­mers nie.

Die SA Pos­kan­toor ver­eis ook nooit dat kli­ën­te voor­af geld in ’n bank­re­ke­ning vir ’n pak­kie in­be­taal nie. In ge­val­le waar die Suid­A­fri­kaan­se In­kom­ste­diens in­voer­be­las­ting op ’n pak­kie van die bui­te­land hef, moet dit in per­soon by die Pos­kan­toor be­taal word. Die kli­ënt sal dan ’n kwi­tan­sie vir die be­ta­ling kry. As die Pos­kan­toor die sel­foon­nom­mer van die ont­van­ger het, sal hy of sy ’n SMS kry wat hom ver­soek om die pak­kie by ’n spe­si­fie­ke Pos­kan­toor se toon­bank af te haal. Die SMS sal hom nie ver­soek om voor­af geld in ’n re­ke­ning in te be­taal nie.

Ska­kel SA Pos­kan­toor se mis­daad­nom­mer 0800 020 070 vir meer in­lig­ting.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.