Le Pen bel Ma­cron met ge­luk­wen­se

Hy is land se jong­ste pre­si­dent tot nog toe

Beeld - - Nuus - Eu­ge­ne Gun­ning en Reu­ters

Frank­ryk het gis­ter­aand sy jong­ste pre­si­dent ooit ge­kry toe Em­ma­nu­el Ma­cron (39) tot die pos ver­kies is.

Ber­nard Ca­ze­neu­ve, Fran­se p­re­mier, het om­streeks 20:20 be­ves­tig Ma­cron het die ver­kie­sing ge­wen.

Ma­ri­ne Le Pen, Ma­cron se teen­stan­der, het Ma­cron om­streeks 20:15 ge­bel om hom amp­te­lik ge­luk te wens.

Dit was na­dat drie voor­uit­skat­tings, wat uit­ge­reik is net mi­nu­te na­dat stem­bus­se om 20:00 ge­sluit het, ge­toon het Ma­cron het 65% van die stem­me ver­o­wer teen­oor Le Pen se 35%.

Voor Ma­cron was Lou­is Na­po­le­on Bo­na­par­te, broers­kind van Na­po­le­on, die jong­ste pre­si­dent.

Hy was net 40 jaar oud toe hy pre­si­dent ge­word het.

Ná die pro­kla­ma­sie van Frank­ryk se Twee­de Re­pu­bliek het hy ’n staats­greep uit­ge­voer en on­der die naam Na­po­le­on III re­geer.

Ma­cron was on­der meer mi­nis­ter van e­ko­no­mie­se sa­ke in die ka­bi­net van die uit­tre­den­de pres. François Hol­lan­de.

Net soos pres. Do­nald Trump van A­me­ri­ka het hy tot voor gis­ter nog nie voor­heen e­ni­ge ver­ko­se po­li­tie­ke amp be­klee nie.

Net ’n jaar ge­le­de het hy ’n on­af­hank­li­ke po­li­tie­ke be­we­ging, En Mar­che!, be­gin.

Een van die nu­we pre­si­dent se eer­ste uit­da­gings sal wees om in die al­ge­me­ne ver­kie­sing vol­gen­de maand ’n meer­der­heid in die par­le­ment te kry.

Die on­af­hank­li­ke, sen­tris­tie­se Ma­cron is sterk ten guns­te van Eu­ro­pe­se een­heid.

Le Pen (48) was ten guns­te van Frank­ryk se uit­tre­de uit die Eu­ro­pe­se U­nie (EU) en nou­er sa­me­wer­king met Rus­land.

Vol­gens die Fran­se de­par­te­ment van bin­ne­land­se sa­ke het net meer as 28% van die stem­ge­reg­tig­des teen mid­dag­e­tens­tyd ge­stem.

Dit dui op die laag­ste stem­per­sen­ta­sie se­dert 2002 ge­meet op die­self­de tyd van die dag.

Ont­le­ders sê die mees­te weg­bly­ers is links­ge­sin­des wat te­leur­ge­steld is om­dat hul kan­di­da­te in die eer­ste ron­de uit­ge­stem is.

In die pre­si­dents­ver­kie­sings van 2002, 2007 en 2012 was die per­sen­ta­sie bo 80%.

Die steun vir Le Pen en haar par­ty het ver­dub­bel se­dert 2002, die vo­ri­ge keer dat die par­ty die laas­te ron­de van die ver­kie­sing ge­haal het.

Tal­le kie­sers het laat blyk dat hul­le nie nood­wen­dig ’n kan­di­daat steun nie, maar dat hul­le tot el­ke prys wou help ver­se­ker dat Le Pen uit­ge­ska­kel word.

Em­ma­nu­el Ma­cron groet on­der­steu­ners van sy En Mar­che! na­dat hy gis­ter in Le Tou­quet, Frank­ryk, ge­stem het. Foto: REU­TERS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.