Nóg C­hi­bok­mei­sies vry

Beeld - - Nuus - – News24Wi­re AP

Die 82 pas vry­ge­la­te skool­mei­sies wat drie jaar ge­le­de in C­hi­bok ont­voer is, het pres. Mu­ham­ma­du Bu­ha­ri gis­ter in die Ni­ge­rie­se hoof­stad, A­bu­ja, ont­moet ter­wyl fa­mi­lie­le­de van ont­voer­de mei­sies ge­wag het op die amp­te­li­ke lys na­me van die vry­ge­la­te­nes en uit­ge­sien het daar­na om met hul dog­ters her­e­nig te word.

Die mei­sies het gis­ter op A­bu­ja se lug­ha­we ge­land en is deur Bu­ha­ri se staf­hoof, die pre­si­den­si­ë­le raad­ge­wer Fe­mi A­des­i­na, ont­moet.

Die 82 mei­sies is Sa­ter­dag vry­ge­laat in ruil vir ’n on­be­ken­de ge­tal ver­meen­de Bo­ko Ha­ram­re­bel­le wat in aan­hou­ding was, het Bu­ha­ri se kan­toor in ’n ver­kla­ring ge­sê.

Dit is die groot­ste on­der­han­del­de vry­la­ting se­dert by­na 300 mei­sies

in 2014 ont­voer is. Dit het des­tyds die be­drei­ging van Ni­ge­rië se eie ek­stre­mis­te wat ban­de met die ter­reur­groep I­sis het, on­der­streep.

Voor die vry­la­ting Sa­ter­dag was 195 van die mei­sies nog in aan­hou­ding. Nou is daar 113 van wie nog re­ken­skap ge­gee moet word.

’n Eer­ste groep van

21 mei­sies is in Ok­to­ber 2016 vry­ge­laat toe Ni­ge­rië aan­ge­kon­dig het dat on­der­han­de­lings met Bo­ko Ha­ram be­gin het.

Die In­ter­na­si­o­na­le Ko­mi­tee van die Rooi Kruis wat as be­mid­de­laar in die on­der­han­de­lings op­ge­tree het, het gis­ter ge­sê die 82 mei­sies en hul fa­mi­lies sal gou her­e­nig word.

Een van die bus­se met vry­ge­la­te mei­sies ver­laat die lug­ha­we in A­bu­ja. Foto: REU­TERS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.